AFGRI
BEAN
27 Mrt
-
9500
0,00
CORN
27 Mrt
-
4578
0,00
SOYA
27 Mrt
-
8100
0,00
SUNS
27 Mrt
-
8943
0,00
WEAT
27 Mrt
-
6343
0,00
WMAZ
27 Mrt
-
3966
0,00
YMAZ
27 Mrt
-
4015
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Wees ekstra waaksaam op die plaas in die feestyd

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Boerderygemeenskappe word gevra om waaksaam te wees tydens die komende feesseisoen omdat daar dikwels ’n toename in misdaad op plase is.

Verskeie belanghebbendes van die landbousektor doen weer vanjaar beroep op boeregemeenskappe om waaksaam te wees tydens die feesseisoen.

Volgens dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis by Vrystaat Landbou, is misdaad geneig om in die aanloop van en tydens die feestyd toe te neem. “Boere is besig om te plant en te saai voor die Kerstyd aanbreek. Misdaad, veral van produkte, maar ook diesel, batterye, sinkplate, sonpanele, sonpompe, koperkabel en veediefstal moet met die nodige erns opgeneem word.”

Polisie en wetstoepassers verhoog hul sigbaarheid in hierdie tyd, maar boerderygemeenskappe word ook aangemoedig om aanvullende veiligheidsmaatreëls in te stel.

“Waar daar groter sigbaarheid van die polisie en boerderygemeenskappe is, ontmoedig dit misdadigers. Hulle sal eerder makliker teikens soek as om die gevaar te loop dat hulle in hegtenis geneem kan word,” sê Buys.

Mnr. Kobus Visser, direkteur van landelike veiligheid en provinsiale sake van Agri SA, sê die feestyd bied dikwels vir misdadigers die geleentheid om toe te slaan. “Dit is belangrik dat boerderygemeenskappe hul paraatheid sal verskerp en waaksaam sal wees gedurende hierdie tyd. Dit is belangrik om te let dat geen beskermingsmaatreëls ’n waarborg is dat ’n plaasaanval of misdaad nie sal plaasvind nie, maar dit kan in baie gevalle ’n aanval vertraag of bemoeilik.”

Visser moedig boerderygemeenskappe aan om verdagte optrede by hul naaste polisiekantoor aan te meld en goeie kommunikasie met die polisie te handhaaf. Boere moet goeie toegangsbeheer toepas op hul plase en altyd bewus wees van wat op hulle plase aangaan en wie dit besoek.

“Dit is ook belangrik dat die boerderygemeenskap seker maak dat beskermingsmaatreëls soos alarmstelsels, paniekknoppies, veiligheidshekke, diefwering en omheinings behoorlik funksioneer. Dit kan enige aanval vertraag of afweer, veral as ’n alarm geaktiveer word.”

Alternatiewe kommunikasie

Sowel Buys en Visser meen dat boere moet seker maak dat hulle alternatiewe kommunikasiestelsels het, veral in gebiede wat erge beurtkrag en kragonderbrekings ervaar aangesien daar nie altyd selfoonopvangs is in daardie tye nie.

“Boere moet verkope direk van die plaas af vermy sodat daar nie kontant op die plaas sal wees wat as lokmiddel vir misdadigers kan dien nie,” voeg Visser by. “Ook as hulle op vakansie sou gaan, moet hulle seker maak dat hulle waardevolle besittings wat hulle nie saamvat nie, veilig in kluise gebêre word.”

Visser sê dat erkenning aan boerderygemeenskappe gegee moet word vir al hul inisiatiewe op plaaslike vlak om hulself en hul gemeenskappe te beveilig, dikwels op eie koste.

TLU SA en Saai sê luidens ’n gesamentlike verklaring hulle meen dit hang van die boeregemeenskappe self af om hul veiligheid te verseker omdat die polisie nie daartoe in staat is om Suid-Afrikaners doeltreffend teen misdaad te beskerm nie.

“Dit is duidelik dat ons op onsself aangewese is vir ons veiligheid. Met die samewerking van Saai wil ons gemeenskappe bemagtig om doeltreffend en proaktief te wees as dit kom by veiligheid,” sê mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA.

“Die doel is om verskeie belanghebbendes bymekaar te bring en almal toegang tot dienste te gee. Ons wil gemeenskappe help om misdaad nie net hok te slaan nie, maar ook te voorkom waar moontlik. Ons wil wetsgehoorsame burgers help om saam te werk om wetteloosheid stop te sit. Dit is beter om saam te werk as elkeen op sy eie.”

TLU SA en Saai bied ’n verskeidenheid veiligheidswenke aan die boerderygemeenskappe, maar erken dat dit slegs voorstelle is omdat verskillende gemeenskappe verskillende probleme kan ervaar.

“Geen twee boere of twee plase is nie eenders nie en gevolglik sal veiligheid ook nie dieselfde hanteer word nie. Plaasveiligheid is ’n ingesteldheid en met elke denkbare faset van die boerdery verweef. Elke boer moet besluit hoe hy homself en sy gesin se veiligheid hanteer en bestuur,” sê dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai.

Hulle stel onder meer voor dat boere afwyk van hul normale roetine en hul vee op lukrake tye tel om vroeg seker te maak as daar enige vermis is. Verder word voorgestel dat boere hul vuurwapens wettiglik elders as op die plaas gaan opberg as hulle weggaan met vakansie en om hul ammunisie in ander kluise as hul vuurwapens te bêre.

“Wanneer jy na jou veiligheidsituasie kyk, moet jy dink soos ’n skelm. Identifiseer plekke waar hulle kan inkom. Jy moet dit so moeilik as moontlik vir betreders maak om naby of in jou huis te kom.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.0%
Rand - Pond
22.28
-0.2%
Rand - Euro
19.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
973.88
-0.3%
Palladium
1,408.49
+0.5%
Goud
1,970.87
-0.4%
Silwer
23.05
-0.8%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
0.0%
Alle aandele
74,695
0.0%
Hulpbronne 10
64,294
0.0%
Industriële 25
101,619
0.0%
Finansiële 15
15,178
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot