AFGRI
BEAN
08 Des
-
9403
0,00
CORN
08 Des
-
4398,6
21,60
SOYA
08 Des
-
10558,8
58,80
SUNS
08 Des
-
10459,8
39,80
WEAT
08 Des
-
6700
37,00
WMAZ
08 Des
-
4815
2,00
YMAZ
08 Des
-
4420
35,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Weimar: Ekonomie tel kop op, maar moeisaam

akkreditasie
Foto: Vida Booysen
Foto: Vida Booysen
Die herstel van die ekonomie is onlangs tydens Agri Limpopo se kongres bespreek.

Ná ’n rampspoedige eerste helfte van 2020 is Suid-Afrika se ekonomie weer aan die groei, maar dit gaan hinkepink en daar lê ’n paar probleme vir die land voor, het me. Nicky Weimar, Nedbank se hoofekonoom, op Agri Limpopo se onlangse kongres gesê. Die herstel wat tot dusver gesien kon word, is moontlik gemaak deur die verslapping van inperkingsregulasies, internasionaal en plaaslik.

Uitvoer het gunstig gereageer op die herstel van die globale ekonomie en stygende kommoditeitspryse danksy doeltreffende virusbekamping in Oosterse lande en die vinnige uitrol van entstowwe in die meeste ontwikkelde lande. Verbruikersbesteding het ook herstel, ondersteun deur ’n mate van verbetering in besteebare inkomste en laer rentekoerse.

Gegewe die probleme wat Suid-Afrika ervaar, soos uitgelig deur die onlangse onrus in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng, is daar volgens Weimar menige rede om skepties te wees oor Suid-Afrika se vooruitsigte. “Die beste manier om Suid-Afrika se vooruitsigte te bepaal is om die sleuteldaanrywers vir groei te evalueer en na ons mening sal die herstel vanaf verlede jaar se lae basis gehandhaaf word, maar dit sal oneweredig en sporadies wees aangesien die ekonomie steeds op slegs ’n paar sektore sal staatmaak.”

Sy verwag ’n oplewing in die vraag na kommoditeite wêreldwyd oor die volgende drie tot vyf jaar, wat dan die aanvraag vir en pryse van Suid-Afrika se uitvoer sal ondersteun.

Verbruikers sal ook ’n groot bydrae lewer tot die handhawing van die algehele ekonomiese herstel. Terwyl vertroue waarskynlik broos sal bly, behoort huishoudelike inkomste te verbeter namate indiensneming herstel, werksure normaliseer en rentekoerse volgens historiese standaarde betreklik laag bly. Inflasie het marginaal begin toeneem en Weimar vermoed dat die Reserwebank rentekoerse waarskynlik sal verhoog, heel waarskynlik volgende jaar. Daar word egter verwag dat hierdie verhogings beskeie sal wees, met rentekoerse steeds onder die pre-pandemievlakke.

Die goeie nuus vir Suid-Afrika sal belemmer word deur swak staatsfinansies en gedempte vaste belegging, het sy gesê.

’n Herlewing in laasgenoemde is die sleutel tot versnelde groei en werkskepping. Die gebrek aan betroubare en kostedoeltreffende elektrisiteit sal egter op mediumtermyn vaste belegging ondermyn. Die regering se onlangse belofte dat private maatskappye toegelaat sal word om hul eie krag op te wek, kan dien as ’n oplossing vir Suid-Afrika se elektrisiteitstekort in die jare vorentoe, maar die voordele sal nie op mediumtermyn realiseer nie.

Dit sal tyd verg om Suid-Afrika se infrastruktuurbeperkings aan te pak, het Weimar gesê, wat beteken dat vaste belegging nie oornag sal herstel nie. Daarom verwag sy dat Suid-Afrika se ekonomie met 4,2% in 2021, 2% in 2022 en 1,6% in 2023 sal groei.

“Hoewel dit nie skouspelagtig is nie, is dit tóg ’n stap in die regte rigting ná ’n dekade van agteruitgang.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.1%
Rand - Pond
21.01
-0.3%
Rand - Euro
18.12
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.7%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,788.19
+0.1%
Silwer
23.05
+1.4%
Palladium
1,933.50
+4.3%
Platinum
1,009.00
+0.3%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,282
+0.6%
Alle aandele
74,467
+0.6%
Hulpbronne 10
73,812
+0.8%
Industriële 25
91,705
+1.0%
Finansiële 15
15,540
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lawman
Wil vriende maak, mense ontmoet. Ek hoor ek is aantreklik, slim en interreasnt. Ek dink ek is goeie geselskap. , nooit vervelig nie. Ek is brutaal eerlik en verwag dieselfde.
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot