AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Wenke vir voer in droogtetyd

Dr. Vlok Ferreira, nasionale tegniese bestuurder van herkouers van RCL Foods (voere-afdeling), wat Molatek-produkte verkoop, gee raad oor die voer van vee.

VAN WANNEER AF?

Begin voer wanneer diere wat in ’n matige kondisie was, sowat een kondisiepunt gewig verloor het. Diere wat ’n gewigsverlies van meer as 30% het, het ’n swakker eetlus en weier soms om te vreet.

VOERSOORTE:

Wat beskikbaar is, sal grootliks bepaal wat gevoer word. Die relatiewe voedingswaarde en koste per voedingseenheid moet vergelyk word.

WATTER DIERE?

Koeie en ooie wat swaar dragtig is of reeds gekalf of gelam het, is die gevoeligste vir swak voedingstoestande.

Ondervoede dragtige beeste en skape is blootgestel aan ketose en domsiekte. Hulle sal swak kalwers of lammers in die lewe bring en te min melk hê. Die produksie- en reproduksievermoë van jong verse en ooitjies kan permanent gestrem word as hulle ernstige voedseltekorte ervaar. Dit is dus belangrik dat hulle gevoer word.

Die voedingsbehoeftes van sulke jong diere is relatief laag en hulle word goedkoper as volwasse diere deur ’n droogte gehaal.

Volwasse droë diere herstel volkome ná ’n droogte. ’n Tydperk van lae voedingstofinname benadeel hul produksievermoë nie permanent nie. Verkoop ou en minderwaardige diere dadelik.

HOE?

¦Maak seker elke dier kry sy regmatige deel. Met beperkte voiding verdruk die sterker diere die swakkes.

¦Pas diere aan by die rantsoen.

¦Verskaf genoeg vreetspasie – sowat 20 cm kriplengte per bees en 10 cm kriplengte per skaap – sodat almal gelyktydig kan vreet. Indien onmoontlik, kan sout in die mengsels help dat diere wat eerste vreet, hulle nie oorvreet nie.

¦ Bepaal die korrekte frekwensie van voeding. Die doel van droogtevoeding is om al die diere aan die lewe te hou en nie om sommige vet te maak en ander te laat vrek nie. Dié doel word in ’n groter mate bereik by diere wat drie keer weekliks gevoer word as met daaglikse voeding. Jy spaar ook só op arbeid- en vervoerkoste.

¦ Diere wat swaar dragtig is of kort gelede gekalf of gelam het, moet verkieslik hul rantsoene daagliks ontvang.

¦ Skei swak en sterk diere; dit verminder mededinging.

¦ Beperk kampgroottes. Diere se energiebehoefte kan met tot 40% verlaag word deur hul beweegruimte te verminder.

VROEË SPEEN:

Kalwers en lammers kan, met voldoende aanvullende voeding, gespeen word wanneer hulle onder skeidelik vyf maande en tien weke oud is. Die koeie of ooie kan dan as droë volwasse diere gevoer word, wat ’n aansienlike besparing kan meebring.

Navrae: E-pos: FerreiraV@tsb.co.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.1%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot