
Die borg van die kompetisie, Hello Paisa, het dié kompetisie aangebied met die samewerking van Landbou.com. Die wenner, mnr. Johan Oberholzer, is een van vele boere wat vir die kompetisie ingeskryf het. Hy het ’n Samsung Galaxy J1-slimfoon gewen.
Oberholzer boer al vir drie jaar met pekanneute op die plaas La Niel. Hy en sy vrou, Carla, bestuur ’n pekanneutkwekery van die plaas af. Die plaas is 65 ha groot en in die kwekery het hulle sowat 60 000 pekanneutboompies.
"Ek is baie bly oor dié lekker prys. Al my plaaswerkers is elkeen toegerus met hulle eie fone, so ek gaan sommer self die foon gebruik,” sê Oberholzer. “Ek is ook baie gelukkig met die produk wat Hello Paisa aanbied. Dit maak dit makliker vir my werkers om geld na hulle families in Malawi te stuur, en hulle hoef nie elke keer in dorp toe te gaan daarvoor nie. Hello Paisa is ook aansienlik goedkoper as ander maatskappye wat dieselfde diens aanbied.”
Op sy plaas oorhandigMe. Carla Emery en mnr. Yasin Bono van Hello Paisa het die foon op 13 Junie 2017 aan Johan op sy plaas oorhandig. Op die geleentheid het Hello Paisa vier simkaarte aan die vier Malawiese arbeiders op Oberholzer se plaas gegee.
Hello Paisa het met eenvoudige produkte vorendag gekom wat dit vir buitelandse werkers nie net gerieflik sal maak nie, maar ook bekostigbaar maak om geld huis toe te stuur. Hello Paisa is ’n bekostigbare internasionale geldoordrag-produk. Dit is veilig en maklik om te gebruik en maak van die nuutste tegnologie gebruik.
Lees meer oor die kompetisie hier:
Hieronder is video foto van die oorhandiging, en onder die video is n foto van die oorhandiging:
https://youtu.be/nHLQ0Dw1ULM
Foto-byskrif: Van links is: Rufus de Beer van Landbou.com, Johan Oberholzer, Angela Tembo, werker op plaas, Elia Kamango, werker op plaas, Yasin Bono, van Hello Paisa, Thom John, werker op die plaas, Emaniel Hakileni, werker op plaas, en Carla Emery van Hello Paisa. (Foto: Marieke Snyman)