
Die wenner van die geskenkpak Karusaf-lamsvleis , wat in 'n kompetisie op Landbou.com uitgeloof is, is bekend gemaak.
Die wenner is mnr. Denneys Niemandt van Kaapstad.
Die kompetisie is deur Landbou.com en me. Porchia Adams van Agri-Expo gereël om die Livestock te bevorder. Die Livestock is van 13 tot 15 Oktober by die plaas Sandringham, Stellenbosch, aangebied.
Wenfoto: Hier is me. Saskia Langner, bestuurder van Karusaf op Williston, Porchia Adams van Agri-Expo en die wenner, mnr. Denneys Niemandt van Kaapstad, met die geskenkpak.