Die driemanskap is mnre. Dirk Louw (middel op die foto), die boer, Boitumelo (Tumi) Thukubi, landbouvoorligter (links), en André Smith, boer en mentor (regs).
Dirk het nege jaar by André gewerk met die verstandhouding dat hy mettertyd op sy eie plaas wou boer. Deesdae is hy en sy vrou, Reny, die mense agter Silver Moon Investments 358 BK. Hulle boer buite Groblershoop met pekanneute, lusern, rosyntjie-, tafel- en wyndruiwe op 47 ha eie grond en 18 ha huurgrond.
Dirk het eers saam met ander, wat nie sy boerderydroom gedeel het nie, grond bekom. Toe sake nie uitwerk nie, het hy gesê hy weier dat sy droom voor sy oë in duie stort en voorgestel hulle beraam ander planne. Gelukkig wou die Regering ook nie sy droom sien vervaag nie.