AFGRI
BEAN
28 Nov
-
9156
14,00
CORN
28 Nov
-
4471,2
-39,80
SOYA
28 Nov
-
8830
66,00
SUNS
28 Nov
-
10850
-158,00
WEAT
28 Nov
-
6690
-4,00
WMAZ
28 Nov
-
5324
-21,00
YMAZ
28 Nov
-
5117
-9,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

‘Wêreld’ bid dok Faffa gesond

akkreditasie
Die eerste kuiertjie saam met vriende nadat hy sy stryd teen covid-19 gewen het. Hier is dr. Faffa Malan (regs) saam met twee vriende, mnr. Willem Kleyn (middel) en Charl van Rooyen. Foto: Kleyn-gesin
Die eerste kuiertjie saam met vriende nadat hy sy stryd teen covid-19 gewen het. Hier is dr. Faffa Malan (regs) saam met twee vriende, mnr. Willem Kleyn (middel) en Charl van Rooyen. Foto: Kleyn-gesin
Dr. Faffa Malan, virtuele veearts, was vir meer as 'n maand lank ernstig siek weens covid-19.

“Die wêreld het my gesond gebid,” sê dr. Faffa Malan, virtuele veearts, ná sy wonderbaarlike herstel nadat hy covid-19 opgedoen het. Kort ná sy ontslag uit die hospitaal en ’n versorgingsplek was hy al weer aan die werk.

Die geliefde Malan is veral bekend as virtuele veearts met Vra vir Faffa, op Landbouweekblad se webblad, Landbou.com, waar hy raad oor dieresiektes gee. Hy is ook ’n bekende gesig op die televisieprogram Landbouweekliks waar hy ook raad gee en sy bydrae altyd afsluit met: “Lékker boer!”

Toe die nuus bekend word dat hy om sy lewe veg, het dit ’n oorweldigende reaksie van boere, mense in landbouverwante beroepe en veeartskringe ontketen. Duisende mense het vir hom gebid. In ’n stadium het lede van die Amerikaanse vereniging vir parasietbekamping vir klein herkouers gebede opgestuur. Plaaslike veeartse wat besig was met voortgesette opleiding, het vir sy herstel gevra.

Toe Malan weer op die been kom, het meer as 3 000 e-posse op hom gewag. Op sy Facebook-blad is meer as duisend boodskappe gelos. Sy selfoon was met stem- en WhatsApp-boodskappe oorlaai.

Intussen het Malan se vriende sy aanhangers daagliks op hoogte van sy vordering gehou, waaronder mnr. Willem Kleyn, handelsbemarkingsbestuurder van Elanco-dieregesondheid, die eerste vriend wat Malan besoek het.

Hy en Kleyn het op Donderdag 10 Junie ’n skaapstudiegroep by Winburg toegespreek toe hy siek word. Hy is saam met iemand anders terug na sy woonplek in Pretoria omdat Kleyn nog ’n afspraak gehad het. Daar is hy dokter toe en dié het hom aangeraai om die volgende week toetse te laat doen. Sondag het Kleyn en ’n veeartsvriend, dr. Neil Fourie, vir hom gaan kuier. Daar tref hulle hom op die vloer aan nadat hy met sy kop deur ’n ruit geval het. Hy het “soos ’n riet” gebewe. Malan kan egter niks daarvan onthou nie.

Op Maandag 14 Junie het hy ’n covid-19-toets en skandering ondergaan. Hy het agt dae vantevore sy eerste covid-19-inenting gehad. Die toets was negatief. Hy is in die Life Groenkloof-hospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem en behandel asof hy covid-19 het. Vanaf 17 Junie was hy op ’n ventilator en onder verdowing. Later het hy positief vir covid-19 getoets.

“Ek het die vreeslikste hallusinasies gehad, was aggressief en hulle moes my op die bed vasbind. Ek het ‘gesien’ daar is ’n luislang in my bed, wat toe deur ’n buurman met ’n tou weggesleep is. Mense het my bankkaarte kom afvat en al my geld en beleggings onttrek. Twee groepe mense het mekaar aangeval terwyl ek hulpeloos moes toekyk, omdat ek op ’n eiland met drade vasgebind was. Een keer het ek gedink die hospitaal wil vir my gif uit ’n bottel met ’n doodskedel op toedien. Later wou hulle my met mambagif dood maak.”

In werklikheid het Malan wonderlike behandeling by die hospitaalpersoneel gekry en hy het begin herstel. Op 27 Julie is hy na ’n versorgingsplek in Irene oorgeplaas. Ná ’n week is hy ontslaan om by sy dogter, Wilmari, verder aan te sterk.

Hy het baie in die hospitaal en versorgingsplek geoefen om sy kragte te herwin. “Kyk hoe doen ek beenopstote. Ek kan aanhou tot jy sê ek moet ophou,” en Malan wys hoe maklik hy dit regkry.

Hy is nie van plan om nou rustiger te wees nie. Op 76-jarige ouderdom voel hy nog sterk genoeg om sy werk as bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) voort te sit, Vra vir Faffa te hanteer, raad op Landbouweekliks te gee en boeredae toe te spreek.

“Ek worstel net baie met die vraag oor hoekom ek ’n tweede kans gekry het, terwyl van my kennisse aan covid-19 dood is. Daarom dank ek die Vader elke dag. Ek besef nou hoe belangrik dit is om jou huis in orde te kry, vir ingeval. Maak jou saak met die Here reg. Jy weet nie wanneer is dit jou laaste dag op aarde nie.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.12
-0.1%
Rand - Pond
20.63
+0.5%
Rand - Euro
17.87
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,748.39
-0.6%
Silwer
21.17
-1.3%
Palladium
1,843.50
-0.7%
Platinum
994.00
+1.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
67,095
+0.5%
Alle aandele
73,481
+0.5%
Hulpbronne 10
70,757
-1.0%
Industriële 25
88,596
+1.4%
Finansiële 15
16,423
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot