
Die bedrag is luidens ’n berig op Wineland.co.za 17 keer meer as die geskatte waarde van ’n bottel 1945 Romanee-Conti. Die wyn staan bekend as die wêreld se beste boergonjewyn.
Luidens ’n berig op Independent.co.uk is slegs 600 bottels van die wyn gemaak voordat Romanee-Conti die betrokke wingerd uitgehaal het sodat ’n nuwe wingerd aangeplant kon word. Die landgoed se volgende oes is daarna eers in 1952 gebottel.
Die vorige rekordprys vir ’n bottel wyn is in 2010 in Hongkong aangeteken toe ’n bottel 1869 Chateau Lafite Rothschild vir sowat R3,3 miljoen (£177 000) verkoop is.
Enkele minute nadat dié bod op verlede naweek se veiling toegeslaan is, is ’n tweede bottel van dieselfde 1945 Romanee-Conti vir sowat R7,14 miljoen (£377 000) verkoop.
Die landgoed is in die distrik Cote de Nuits in Frankryk.