
Dié organisasie verteenwoordig meer as 80 nasionale boere-organisasies met bykans 1,4 miljard lede in 56 lande.
Die vergadering is ’n vooraanstaande geleentheid op die landboukalender. Dit is die invloedrykste byeenkoms vir boere en landbouleiers ter wêreld.
Die samekoms bied onder meer ook die geleentheid om nuwe tegnologie wat in die landbou gebruik word, ten toon te stel.
Op vanjaar se vergadering in Boedapest, Hongarye, het wildbedryf SA (WRSA), ’n vereniging wat kollektief die meeste wildboere ter wêreld verteenwoordig, aansoek gedoen om geaffilieerde lidmaatskap van die Wêreldlandbou-organisasie.
Twee Saai-lede is as verteenwoordigers van die Afrika-vasteland verkies.
Mnr. Prins Sivile is lid van die beleidskomitee oor vee en dr. Theo de Jager is voorsitter van die komitee oor natuur en biodiversiteit.
Die Wêreldlandbou-organisasie se 2023-vergadering sal gesamentlike deur Saai, WRSA en die Afrika-boerevereniging van Suid-Afrika (Afasa) aangebied word.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.