AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9878
-38,00
CORN
22 Mrt
-
4458,6
-6,40
SOYA
22 Mrt
-
8450
-62,00
SUNS
22 Mrt
-
9320
-270,00
WEAT
22 Mrt
-
6525
-85,00
WMAZ
22 Mrt
-
3870
-80,00
YMAZ
22 Mrt
-
4130
-78,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Wêreldwye voedselpryse weer laer in Desember – VN

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Gretchen Peiser
Foto: Gretchen Peiser
Wêreldwye voedselpryse het gedurende Desember verlede jaar vir die negende agtereenvolgende maand gedaal.

Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel-en-landbou-organisasie (VLO) se nuutste indeks van voedselpryse het wêreldwye voedselpryse in Desember met 1,9% vergeleke met November verlede jaar gedaal.

Die indeks het in Desember ’n gemiddeld van 132,4 punte bereik, 1% laer as ’n jaar tevore. In 2022 as geheel het die indeks ’n gemiddeld van 143,7 punte bereik, 14,3% hoër as die gemiddeld in 2021. Volgens die VLO het dit, tesame met groot prysstygings in 2021, gelei tot aansienlike druk op voedselsekerheid vir laerinkomstelande waar voedsel ingevoer moet word.

Die indeks dui ook aan dat veral die pryse van koring en mielies verlede jaar rekordhoogtes bereik het. Die gemiddelde waarde van die VLO se indeks vir groente-oliepryse het ’n rekordvlak bereik, terwyl die indeks vir suiwel- en vleispryse hul hoogste vlakke sedert 1990 bereik het.

Mnr. Maximo Torero, hoofekonoom van die VLO, sê kalmer voedselkommoditeitspryse is ná twee wisselvallige jare welkom.

“Dit is belangrik om waaksaam te bly en aan te hou konsentreer op die verligting van wêreldwye voedselonsekerheid aangesien wêreldwye voedselpryse steeds op verhoogde vlakke is met baie stapelvoedsel se pryse wat naby aan rekordhoogtes is en die prys van rys wat toeneem. Daar is ook verskeie risiko’s verbonde aan toekomstige voorrade.”

Die pryse van veral groente-olies het sedert November verlede jaar afgeneem en die laagste vlak sedert Februarie 2021 bereik. Internasionale pryse van palm-, soja-, raapsaad- en sonneblomsaad-olies het almal in Desember afgeneem. Dit is aangedryf deur laer wêreldwye invoervraag, die moontlikheid dat sojaboonproduksie in Suid-Amerika sal styg en ’n afname in ruoliepryse.

Só lyk die onderskeie indekse

Die VLO se indeks vir graanpryse het sedert November met 1,9% gedaal. Goeie oeste in die Suidelike Halfrond het koring se uitvoervoorrade ’n hupstoot gegee, terwyl sterk mededinging van Brasilië ’n demper op wêreldwye mieliepryse geplaas het. Internasionale ryspryse het egter gestyg danksy goeie vraag in Asië en die versterking van uitvoerlande se wisselkoerse teenoor die dollar.

Die indeks vir vleispryse het in Desember met 1,2% vergeleke met November gedaal, met laer pryse vir bees- en hoendervleis wat meer gewig gedra het as hoër pryse vir vark- en skaapvleis. Internasionale beesvleispryse het gely onder swak globale vraag vir mediumtermynvoorrade, terwyl goeie uitvoer ’n demper op hoendervleispryse geplaas het. Varkvleispryse het danksy sterk vraag gedurende die vakansietyd gestyg, veral in Europa.

Die indeks vir suiwelpryse het met 1,2% in Desember gestyg nadat dit vir vyf agtereenvolgende maande gedaal het. Hoër internasionale kaaspryse het die styging aangedryf. Internasionale pryse vir botter en melkpoeier het egter afgeneem.

Die indeks vir suikerpryse het gestyg met 2,4% sedert November, veral weens die impak van ongunstige weer op opbrengste in Indië en vertragings met die verwerking van suikerriet in Thailand en Australië.

Plaaslik

Volgens die Pietermaritzburg-groep vir ekonomiese geregtigheid en waardigheid se huishoudelike bekostigbaarheidsindeks vir Desember 2022, wat voedselprysdata van 44 supermarkte en 30 slaghuise in Johannesburg, Durban, Kaapstad, Pietermaritzburg en Springbok volg, het ’n gemiddelde kosmandjie in Desember R4 853,18 gekos, wat R13,5% hoër is as ’n jaar gelede, en 0,4% hoër is as in November 2022.

Die koste vir ’n kosmandjie het van November tot Desember 2022 egter afgeneem in Johannesburg, Springbok en Pietermaritzburg, terwyl pryse in Durban en Kaapstad gestyg het.

Die groep het bevind dat die pryse vir onder meer bevrore hoenderstukke, uie, tamaties, spinasie, lemoene, appels, tee en blikkiesvis met meer as 4% toegeneem het, terwyl die pryse vir koekmeel, suikerbone, stampmielies, aartappels, volroommelk, beesvleis, beeslewer, hoenderlewer, piesangs, cremora en polonie met 2% of meer toegeneem het. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.54
-0.0%
Rand - Pond
22.77
-0.5%
Rand - Euro
19.99
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
978.14
+0.6%
Palladium
1,391.36
-1.1%
Goud
1,941.90
+0.1%
Silwer
22.45
+0.2%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,509
+1.0%
Alle aandele
74,980
+1.0%
Hulpbronne 10
65,265
-0.6%
Industriële 25
101,248
+1.4%
Finansiële 15
15,359
+2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom kyk saam met my die sonsondergang oor die see.
Ek dink nie ek is n slegte ou nie en kan n goeie vriend wees aan iemand. Ek hou nie van valse mense nie. Wanneer my kop bietjie besoedel is spring ek op my motorfiets en dit...
Passievol oor sport, wie weet dalk oor jou ook
Hou nie van konflik nie, I'm a kinda make love not war tipe dame. My seun kom eerste in alle opsigte. Ondersteun hom soveel as ek kan. Ek lief sport, meeste van die sport....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot