
Só het mnr. Alexander Gibson (32) van Ceres in die Witzenbergvallei gesê nadat hy op Woensdag 19 Mei tydens ’n glansgeleentheid in die Paarl as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Jongboer van die Jaar aangewys is. Hy sal die Wes-Kaap later vanjaar in Agri SA en Toyota SA se nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie verteenwoordig.
Gibson het die graad BAgric aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Hy boer die afgelope 11 jaar op Doornkraal Agri met 300 ha appels en 110 ha pere. Hy was een van vyf deelnemers wat vanjaar om die Wes-Kaapse titel meegeding het.
Mnr. PF Theron, voorsitter van die Agri Wes-Kaap se jongboerkomitee, het gesê vanjaar se deelnemers was weer fenomenaal. “Die kompetisie wys elke jaar vir ons dat die landbou se toekoms in goeie hande is, maar dit strek verder as net voedselsekerheid. Die bydrae wat die jong boere in hul gemeenskappe lewer en die waarde wat hulle toevoeg, is wat van ons jong boere ’n bate vir Suid-Afrika maak.”
Die ander deelnemers was me. Jo-Andra Greegory Cloete van Joostenbergvlakte, mnre. Derec Giles van Uniondale, Floris Steenkamp van Ceres en Kleinjan Teubes van Vredendal.