AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9878
-38,00
CORN
22 Mrt
-
4458,6
-6,40
SOYA
22 Mrt
-
8450
-62,00
SUNS
22 Mrt
-
9320
-270,00
WEAT
22 Mrt
-
6525
-85,00
WMAZ
22 Mrt
-
3870
-80,00
YMAZ
22 Mrt
-
4130
-78,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Wes-Kaap moet voorberei vir ‘moeilike brandseisoen’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Voorbeeld van ’n bakkiesakkie. Foto: Verskaf
’n Voorbeeld van ’n bakkiesakkie. Foto: Verskaf
Met ’n goeie kans op wegholveldbrande in die Wes-Kaap ná ’n droë winter is dit noodsaaklik dat boere seker maak hulle is reg toegerus wanneer hulle brande op hul eiendom bestry.

“Die Wes-Kaap ervaar reeds wegholveldbrande en die brandseisoen het pas begin,” sê me. Louise Wessels, bestuurder van die Groter Overberg-brandbeskermingsverening.

Sy sê dit is ’n duidelike teken dat daar ’n moeilike brandseisoen voorlê, veral ná die droë winter wat in die streek ervaar is.

“Die deurlopende bedreiging wat indringerplante inhou, maak dit nog moeiliker om brande onder beheer te kry. Saam met ’n veranderende klimaat, is dit duidelik dat dit al hoe moeiliker is om brande te bestry, en dit raak al hoe gevaarliker.”

Wessels sê dit is daarom noodsaaklik dat grondeienaars en lede van die vereniging so voorbereid as moontlik sal wees vir die komende seisoen. Die vereniging het regdeur die jaar gewerk om grondeienaars te ondersteun om hulle voor te berei. Sy raai grondeienaars aan om by hul plaaslike brandverenigings te gaan aanklop vir ondersteuning.

Sy bedank ook die brandweerdienste, wat die sleutelspelers is gedurende die brandseisoen, vir hul toewyding om brande in baie moeilike omstandighede te bestry. “Hulle lewer ’n noodsaaklike diens aan die hele gemeenskap.”

Sy bedank ook Agri Wes-Kaap en die provinsiale regering vir hul ondersteuning aan die boere.

Volgens die Groter Overberg-brandbeskermingsverening moet boere voorbereid wees met die regte toerusting.

Noodsaaklikhede

Vir enigeen, wat boere en hul arbeiders insluit, is daar ’n paar minimum vereistes waaraan voldoen moet word of wat byderhand gehou moet word wanneer hulle in of naby ’n brand is:

-                     Leerskoene.

-                     Leerhandskoene.

-                     Alle oorpakke, veiligheidsdrag of jeans moet van 100% katoen vervaardig word.

-                     ’n Bottel drinkwater.

-                     ’n Flits vir wanneer dit donker is.

Geen rubberstewels, oop skoene of plakkies, poliëster- of nylonklere, sweetpakke of kortbroeke moet deel wees van jou kleredrag wanneer jy of jou werkers met of naby aan ’n brand werk nie.

Bykomende toebehore wat nuttig is, maar nie noodsaaklik is nie, sluit in:

-                     Leerveiligheidskoene.

-                     Langmouhemde of oorpakke van katoen.

-                     ’n Warm bostuk of windjekker vir na die tyd of tydens observasie.

-                     Sweis- of braaihandskoene.

-                     Veiligheidsbrille.

-                     ’n Hoed (van 100% katoen) of hardehoed met ’n kenband.

-                     Bandana om jou mond en neus te bedek.

-                     Koplig vir die aand.

-                     Twee liter drinkwater.

-                     Energiedrankies.

-                     Hoë-energieversnaperinge.

Verkieslik moet geen juweliersware gedra word nie.

Eie toerusting

Die vereniging se raad vir boere of grondeienaars wat hul eie gly-eenheid of sogenoemde bakkiesakkie wil koop of bou, is om die volgende spesifikasies te volg:

-                     Die tenk se kapasiteit moet ten minste 500 liter wees.

-                     Gebruik of ’n enkel- of tweefase-sentrifugale pomp.

-                     Ten minste twee lengtes 25 mm-seilplatlêbrandslange.

-                     ’n Brandslangspoel met minstens 30 meter treklyn (opsioneel).

-                     Gebruik Geka-koppelstukke op al jou brandslange.

-                     Hou ’n bykomende 40 mm-inlaat met ’n 40 mm- manlike koppelstuk byderhand vir die pomp.

-                     ’n 3-5 meter lange 40 mm-suigbrandslang met ’n filtreerder aan die een punt en ’n vroulike koppelstuk aan die ander punt. Dit sal jou in staat stel om aan die pomp se inlaat te verbind en om jou bakkiesakkie-eenheid uit ’n dam vol te maak.

Besoek die vereniging se webblad by https://overbergfpa.co.za/the-right-equipment/ vir nog inligting.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.54
-0.0%
Rand - Pond
22.77
-0.5%
Rand - Euro
19.99
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
978.14
+0.6%
Palladium
1,391.36
-1.1%
Goud
1,941.90
+0.1%
Silwer
22.45
+0.2%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,509
+1.0%
Alle aandele
74,980
+1.0%
Hulpbronne 10
65,265
-0.6%
Industriële 25
101,248
+1.4%
Finansiële 15
15,359
+2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom kyk saam met my die sonsondergang oor die see.
Ek dink nie ek is n slegte ou nie en kan n goeie vriend wees aan iemand. Ek hou nie van valse mense nie. Wanneer my kop bietjie besoedel is spring ek op my motorfiets en dit...
Passievol oor sport, wie weet dalk oor jou ook
Hou nie van konflik nie, I'm a kinda make love not war tipe dame. My seun kom eerste in alle opsigte. Ondersteun hom soveel as ek kan. Ek lief sport, meeste van die sport....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot