AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Wes-Kaap wil Afrika se voorste daggabedryf ontwikkel

akkreditasie
Daggaplantjies in n gewastonnel. Foto: Landbouweekblad
Daggaplantjies in n gewastonnel. Foto: Landbouweekblad
Die Wes-Kaap wil hom posisioneer as die middelpunt van die daggabedryf in Afrika, het mnr. Tim Harris, uitvoerende hoof van Wesgro, gesê.

Harris was een van die sprekers by Business Day en Afriplex se webinaar oor die rol van dagga vir die farmaseutiese bedryf en hennep in die herbou van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Die maatskappy Afriplex het ’n fabriek in die Paarl in die Wes-Kaap. Hy het onlangs die eerste maatskappy in die land geword wat wettig dagga-ekstrak begin uitvoer het.

Die maatskappy is die enigste vervaardiger van daggaprodukte in die land wat gelisensieerd is vir internasionale standaarde vir goeie vervaardigingspraktyk.

Die Wes-Kaap is verantwoordelik vir 49,4% van Suid-Afrika se landbou-uitvoer en 40% van die land se uitvoer van verwerkte kos. Daagliks word sowat ’n miljoen bottels Suid-Afrikaanse wyn reg oor die wêreld verkoop wat die provinsie ’n agtste plek vir die produksie van wyn wêreldwyd besorg.

Die provinsie is die vyfde grootste uitvoerder in Afrika.

Harris het gesê gegewe die provinsie se landbouvermoë, gekombineer met die logistieke vermoë van die lughawe en die hawens, laat die vraag ontstaan: Wat sal dit verg om die historiese sukses van die landbou te neem en dieselfde met dagga te doen?

Die rede waarom die provinsie meen hy die middelpunt vir die daggabedryf op die vasteland kan word, is nie net sy landbouvermoë nie, maar ook sy posisie in die mediese, navorsings- en ontwikkelingsveld. Die Wes-Kaap het gediversifiseerde korporatiewe kundigheid wat tegnologie kan aanwend om nuwe sektore te skep.

“Mense neem onmiddellik aan dat Afrika se bydrae tot die bedryf gegrond is op die informele verbouing van dagga, sonskyn en landbou, maar ons glo dat as jy ’n middelpunt wil wees, moet jy al daardie bronne kombineer met navorsing, produkontwikkeling en mediese kennis van wêreldgehalte.”

Kleinboere

Die KwaZulu-Natalse departement van ekonomiese ontwikkeling het onlangs aangedui dat die Moses Kotane-instituut gereed is om opkomende boere te help wat lisensies wil bekom om met dagga te boer. Volgens die departement kos ’n lisensie sowat R23 000.

Daar is nog nie ’n sakemodel of voorsieningsketting ontwikkel om dit maklik te maak vir kleinskaalse produsente om hierdie bedryf te betree nie, het mnr. Danie Nel, besturende direkteur van Afriplex, gesê. Die bedrag is ’n druppel aan die emmer as dit vergelyk word met die miljoene wat kommersiële produsente belê om ’n medisinale produk van goeie gehalte te lewer. Ten spyte hiervan glo hy daar is tog ruimte vir kleinboere as ’n geïntegreerde platform daargestel word waar hul produkte deel van die voorsieningsketting word.

Hy meen dit sal beter wees as die departement eerder ’n paar miljoen rand gebruik om een kleinboer te help om suksesvol te wees as om R23 000 aan individuele boere te gee vir toegang tot die bedryf. ’n Sakemodel moet dan ontwikkel word waar ander kleinboere oor tyd by die suksesvolle boer inskakel vir kennisoordrag.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot