AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Bek-en-klouseer nou óók in Wes-Vrystaat

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Boere het kennisgewings op plaashekke in die Oos-Vrystaat aangebring as deel van pogings om die uitbreking van bek-en-klouseer te beperk. Foto: Vida Booysen
Boere het kennisgewings op plaashekke in die Oos-Vrystaat aangebring as deel van pogings om die uitbreking van bek-en-klouseer te beperk. Foto: Vida Booysen
Bek-en-klouseer het in nóg ’n Vrystaatse distrik uitgebreek.

Volgens mnr. Gys Olivier, voorsitter van Agri Hertzogville, is die siekte pas hier aangemeld.

“Die Vrystaatse direkteur van veeartsenydienste, dr. Kristan Mojapelo, het my nou net gebel. Ons moet alle veilings op Hertzogville afstel en die verskuiwing van alle vee tot verdere kennisname staak.”

Die uitbreking is ook in ’n verklaring deur die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling bevestig. “Die jongste uitbreking is onder ons aandag gebring ná ’n onsuksesvolle poging deur ’n boer van Hertzogville wat aan ’n veiling in Christiana in Noordwes wou deelneem.

Dáár is agtergekom dat die diere die tipiese seerplekke van die siekte het, en die diere is dadelik na die plaas van oorsprong teruggestuur,” lui die verklaring. Die plaas is onder kwarantyn geplaas.

Olivier sê daar is nog nie sekerheid oor hoe die uitbreking op die plaas ontstaan het nie.

’n Radius van 5 km om die plaas word tans ondersoek om die omvang en oorsaak van die virus vas te stel. Die plase in dié radius is ook onder kwarantyn geplaas.

Hy sê die afstel van die veilings tref boere en ander belanghebbendes in die plaaslike afslaersbedryf baie sleg. Verlede maand is Vleissentraal se maandveiling op Hertzogville afgestel weens die landwye vervoerverbod en boere het daarna uitgesien om dié maand wel diere te bemark. “Ons kontantvloei is onder druk, want ons maak taamlik staat op daardie September-veiling. Boonop is die pryse nou redelik goed, maar ons kan nie bemark nie.” 

Voer- en weidingprobleme

Nóg ’n knelpunt is dat die lande waar beeste op oesreste gewei het, nou kaalgevreet is. Daarna skuif die boere hul diere na die veld. “Net die liewe Here gee vir ’n bees kos. Jy kan hom nie onbepaald voer nie. Nou mag ons nie skuif nie. Dit is ’n bitter pil om te sluk.”

Die dekseisoen vir baie boere begin ook in September en Oktober, maar bulle of ramme mag nie geskuif word nie. “Jy kan ’n uitsondering maak, maar dit is tydsaam om permitte daarvoor in die hande te kry. Die staatsveearts is voltyds besig om diere in te ent. Ons is omtrent 260 boerdery-eenhede hier in die Agri Hertzogville-gebied. Jy kan dus net net dink vir hoeveel bulle en ramme toestemming verkry moet word as jy diere wil skuif.”

Die voorgenome Malherbe & Roberts-veiling op 28 September op Hertzogville is nou ook in die weegskaal, sê Olivier. “Dit is een van die grootste produksieveilings van Angus- en Brangusbulle in die sentrale deel van die land . . . Net vandag het ons ál die biosekerheidsmaatreëls by die veilingskraal gedoen. Dit kos ons sowat R150 000. Hoewel dit steeds vir alle toekomstige veilings gereed sal wees, is dit ’n groot uitgawe wat nie dadelik verhaal kan word nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.67
+0.9%
Rand - Pond
20.15
+0.3%
Rand - Euro
17.58
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.49
+1.1%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,712.49
+0.8%
Silwer
20.95
+1.2%
Palladium
2,339.50
+5.2%
Platinum
927.50
+2.5%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,638
+3.1%
Alle aandele
66,095
+2.9%
Hulpbronne 10
64,234
+4.2%
Industriële 25
79,745
+2.9%
Finansiële 15
14,055
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot