Dit was die mening van adv. Tembeka Ngcukaitobi, grondaktivis, tydens ’n onlangse bespreking by die Universiteit van Kaapstad.
Hy sê die huidige debat hou die eiendomskousule in die Grondwet, artikel 25, voor as ’n struikelblok vir versnelde en doeltreffende grondhervorming, al is daar nog nie getoets of onteiening sonder vergoeding wel binne dié artikel gedoen kan word nie.
Eintlik is die aandag op ’n baie klein afdeling in die Grondwet, naamlik artikel 25 (2)(b), terwyl dit oor grond self behoort te gaan. Hy wil egter weet wat gaan gebeur ná die huidige grondwethersiening voltooi is.