AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Wildboer in sop oor renosterhorings

’n Wildboer van die Mokopane-omgewing is in die moeilikheid weens renosterhorings.

“Piet is nie ’n renosterstroper of smokkelaar nie,” sê mnr. Piet Warren, die bekende mega-boer en kennis van mnr. Pieter Van Zyl, ’n gesiene boer van die Mokopane-omgewing wat onlangs saam met twee ander mans, mnre. Marco Swanepoel en Stephan Mylie, in hegtenis geneem en aangekla is vir die onwettige besit van en handel in renosterhoring.

Die drie is glo deur ’n agent van die Valke in ’n lokval gelei en het probeer om vyf renosterhorings aan hom te verkoop kort voor hulle gearresteer is. Die Valke se woordvoerder, brig. Hangwani Mulaudzi, sê by verdere ondersoek is daar later op nog 105 horings by ’n huis in Equestria in Pretoria afgekom.

Die eenheid is tans besig om Van Zyl se permitte vir die besit van hierdie horings na te gaan en om DNS-monsters van die horings te neem en dit te vergelyk met die RhoDIS-databasis by Onderstepoort. Warren sê die horings is afkomstig van 95 renosters wat Van Zyl wettiglik besit. “Piet het Tops-permitte vir almal.”

Daar mag tans egter nie handel gedryf word met renosterhoring nie, selfs al word dit wettiglik besit en al het die Hoë hof omgewingsminister, me. Edna Molewa, se moratorium op binnelandse handel ter syde gestel. Beide die Hoë hof en die Appèlhof het ook reeds haar aansoek om appèl teen die tersydestelling afgekeur.

Molewa het haar intussen tot die Konstitusionele hof gewend en daar word verwag dat dié hof enige dag sal sê of haar appèl mag voortgaan of nie. Tot dan mag daar geen handel gedryf word met renosterhoring nie.

Intussen moes Van Zyl die afgelope vyf weke glo sewe aanvalle op sy renosters afweer. “Elke keer het die stropers gevlug, net om ’n paar dae later terug te kom. Dit nadat daar al amper 10 renosters by hom gestroop is die afgelope jaar of twee,” sê Warren.

Mnr. Pelham Jones van die Suid-Afrikaanse Renostereienaarsvereniging sê hoewel dié organisasie geen onwettige aktiwiteite goedkeur nie, hy empatie het met boere se desperaatheid. “Die meeste van ons voer ons renosters deur die grootste droogte in 100 jaar en beskerm hulle ten duurste teen onwettige stropers sonder dat ons ’n sent kan verdien. Boere trek noustrop en kan in die versoeking gelei word met onwettige transaksies. Dit is waarom ons so hard teen die minister se moratorium baklei.”

Van Zyl, Swanepoel en Mylie het reeds in die streekhof in Pretoria verskyn. Van Zyl is op borgtog van R20 000 vrygelaat en Swanepoel en Mylie elk op borgtog van R10 000. Die drie verskyn weer op 12 Oktober in die hof.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.2%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.60
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
984.71
-0.0%
Palladium
1,432.62
-0.7%
Goud
1,993.64
+1.2%
Silwer
23.07
+0.4%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot