Wolpryse het op vandag se veiling die hoogte in geskiet en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 3,9% tot R65,02/kg (skoon) gestyg, wat die hoogste vlak vir die seisoen is.
In Australië het pryse ook skerp gestyg en het die markaanwyser nie net ’n hoogtepunt bereik nie, maar was dit ook 4% bokant as die hoogste vlak wat in die vorige seisoen bereik is.
Die vraag was besonder sterk en aanduidings is dat die Europese verwerkers steeds besig is om die voorraad aan te vul. Daar is na berig word ’n tekort aan veral kambol en verwerkers kan skynbaar die voorbly om aan die vraag te voldoen nie.
Die rand was 1,7% sterker teenoor de Amerikaanse dollar.
Altesame 9 960 bale is aangebied waarvan 99% verkoop is.
Die gemiddelde pryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) was soos volg: 20 mikron verstewig met 6% tot R69,11/kg, 21 mikron styg met 4,5% tot R65,68/kg en 22 mikron was 3,5% duurder op R63,67/kg.
Sowat 10 000 bale sal volgende week aangebied word.
3 November 2010