Wolpryse het op vandeesweek se veiling teruggesak en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 2,4% tot R56,87/kg (skoon) gedaal.
Kopers sê aanduidings is dat Europese meulens vir die oomblik genoeg voorraad het ná die sterk aankope die afgelope paar weke, terwyl die verbod op vetwoluitvoer na China ook gevoel word. Daarbenewens was die rand 1,3% sterker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die vorige veiling en het dit ook afwaartse druk op pryse uitgeoefen.
In Australië was die mark ook futloos en het pryse redelik onveranderd gebly.
Altesaam 7 188 bale is aangebied, waarvan 96% verkoop is.
Die gemiddelde pryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) was soos volg: 19 mikron was onveranderd op R68,01/ kg; 20 mikron verswak met 2,9% tot R59,22/kg, 21 mikron was 2,8% goedkoper op R58,33/kg en 22 mikron daal met 1,5% tot R57,78/kg.
Sowat 6 000 bale kom volgnde week onder die hamer.
8 September 2010