Groter vertroue in die wolmark het wolpryse vir ’n tweede agtereenvolgende week laat verstewig. Cape Wools se aanwyser het 4% hoër op R93,15/kg (skoon) gesluit.
Die mark is ook ondersteun deur ’n swakker rand wat 1,5% van sy waarde teenoor die Amerikaanse dollar verloor vergeleke met die gemiddelde koers op die vorige veiling.
Wolontvangste by makelaars se pakhuise staan nou op 12,68 miljoen kg, wat bykans 10% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede seisoen is. Dié afname kan waarskynlik toegeskryf word aan verlede seisoen se uitbreek van slenkdalkoors en ongediertes, veral jakalse, wat ’n groot probleem vir kleinveeboere geword het.
Altesame 10 476 bale aangebied is, waarvan 98% verkoop is.
Die gemiddelde skoonwolpryse van die lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) pryse was soos volg: 19 mikron verstewig met 3,4% tot R109,88/kg, 20 mikron was 3,9% duurder tot R102,49/kg, 21 mikron styg met 3,2% tot R97,14/kg en 22 mikron styg met 1,7% tot R90,40/kg.
Sowat 8 000 bale sal volgende week aangebied word.
19 Oktober 2011