AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Wyn: Glas half vol vir boere ondanks klein oes

akkreditasie
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Twee jaar se voorafgaande droogte en ’n wisselvallige reënseisoen het gelei tot nog ’n besonder klein oes vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf, maar volgens wynmakers is die glas half vol aangesien die gehalte van die oes puik is.

Vanjaar se oes is 1,4% kleiner as verlede jaar se oes. Volgens die Suid-Afrikaanse Wynbedryfinligting en -stelsels (Sawis) se jongste beraming is 1 225 620 ton wyndruiwe vanjaar geoes, wat beteken dat vanjaar se oes die kleinste van die afgelope 12 jaar is. Die wynoes sal na verwagting 951,8 miljoen liter beloop, teen ’n gemiddelde verhaling van 777 liter per ton druiwe. Dít sluit sap en konsentraat vir nie-alkoholiese doeleindes, wyn vir brandewyn en distilleerwyn in. 

Suid-Afrika is die agtste grootste wynprodusent ter wêreld en lewer ongeveer 4% van die wêreld se wyn. Die wynbedryf dra sowat R36 miljard tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) by en verskaf werk aan nagenoeg 290 000 mense.

“Dit was ’n moeilike jaar vir ons wyndruifprodusente en kelders. ’n Afname in die wyndruifoppervlak en onreëlmatige weerstoestande het tot die kleiner oes bygedra,” sê mnr. Francois Viljoen, wingerdboukundige konsultasiediensbestuurder van die bedryfsliggaam Vinpro.

Wisselvallige weer

Hoewel die meeste streke goeie reënval gedurende die seisoen geniet het, was die tekens van die vorige jare se droogte steeds in die wingerde sigbaar en boere sal hulle vir ’n herstelperiode moet voorberei.

“Die na-oesperiode was steeds droog, wat beteken heelwat produsente kon nie noodsaaklike na-oesbesproeiing toepas nie. Blare het dus vroeg geval en wingerde kon nie die nodige reserwes opbou om hulle deur die seisoen te dra nie, wat ’n uitwerking op korrelset en -groei gehad het,” sê Viljoen.

Wisselvallige weerstoestande het veroorsaak dat produsente met minder en onegalige trosse met kleiner korrels gelaat is. Een so ’n weerskommeling was ’n hittegolf einde Oktober wat deur koue, winderige toestande gedurende die blom- en setperiode van heelwat wingerde gevolg is.

“Die 2019-parstyd het uit twee dele bestaan – die eerste maklik met goeie weerstoestande en baie goeie druifontledings tot einde Februarie. Die tweede was moeilik, gekenmerk deur stadige rypwording weens koue, reënerige weer in Maart,” sê Viljoen.

Gereelde reënbuie gedurende Oktober het daartoe gelei dat produsente hard moes werk om siektes soos donsskimmel te bekamp, wat in sommige gevalle tot oesverliese bygedra het.

“Ons het vanjaar weer gesien dat wyndruiwe wat virusvry is en goed bestuur word, heelwat beter presteer as ander ten opsigte van die opbrengs en gehalte. Ons moedig alle wyndruifprodusente aan om hierdie voorbeeld te volg,” sê Viljoen.

Die Noord-Kaap-, Swartland-, Paarl- en Worcester-streek het groter oeste as verlede jaar gelewer, maar moet steeds herstel ná die klein oes en groot verliese verlede jaar. Die opbrengste in die Breedekloof en die Suid-Kaap was ietwat kleiner. Robertson en Stellenbosch het ook kleiner oeste gelewer, maar die Olifantsrivier- en Klein-Karoo-streek is die tweede agtereenvolgende jaar die hardste deur die droogte getref.

Wynmakers is egter optimisties oor die gehalte van die oes en glo wynliefhebbers kan uitsien na puik wyne uit die 2019-oesjaar, danksy ’n groter geurkonsentrasie, asook goeie suur, suiker en elegansie in die wyne.

Oorsig van die streke:

Breedekloof: ’n Oes soortgelyk aan 2018, ondanks ’n moeilike parstyd en ongelykheid wat dit moeilik gemaak het om rypheid te bepaal.

Suid-Kaap: ’n Kleiner oes van uitsonderlike gehalte aangesien hierdie streek minder deur die droogte geraak is.

Klein-Karoo: ’n Baie moeilike seisoen, met selfs laer opbrengste as die vorige twee jaar vanweë die voortslepende droogte en haelskade in sommige gebiede.

Noord-Kaap: ’n Goeie 2019-seisoen, met hoër opbrengste per hektaar en belowende gehalte.

Olifantsrivier: ’n Tweede agtereenvolgende kleiner oes ná ’n besonder klein oes in 2018, weens die nagevolge van die droogte.

Paarl: ’n Ietwat groter oes, maar van ’n lae grondslag ná ’n heelwat kleiner 2018-oes weens die voorafgaande droogte en weerskommelinge.

Robertson: ’n Moeilike seisoen het tot ’n groot afname in produksie gelei, vir die tweede agtereenvolgende jaar. Gehalte lyk goed.

Stellenbosch: Ondanks goeie reënval is die streek steeds deur die voorafgaande droogte beïnvloed en is ’n heelwat kleiner oes vir die tweede jaar ingeneem.

Swartland: Die oes is groter as die streek se baie klein 2018-wyndruifoes en die gehalte lyk belowend.

Worcester: ’n Verbasend groter wyndruifoes ná ’n kleiner 2018-oes, met goeie gehalte wyne op pad.

Sien www.vinpro.co.za vir die volledige oesverslag per streek.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot