AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Wynbedryf verloor ’n legendariese mentor

akkreditasie
Wyle mnr. Duimpie Bayly. Foto: Distell
Wyle mnr. Duimpie Bayly. Foto: Distell
Die plaaslike wynbedryf moes gister van nog ’n legende afskeid neem. Mnr. Francis Bayly (81), of Duimpie soos hy in die bedryf bekend was, is aan ’n hartaanval op sy kleinhoewe in Stellenbosch oorlede.

Huldeblyke vir Bayly en sy reusebydrae tot die Suid-Afrikaanse wynbedryf stroom sedertdien in vanuit verskeie oorde.

Mnr. Richard Rushton, besturende direkteur by Distell, sê Bayly het ’n belangrike rol gespeel in die poets van die plaaslike wynbedryf se beeld in globale markte, asook vooruitgang in die bedryf. Hy het van die maatskappy se ontstaan in 2000 tot met sy aftrede in 2013 in die direksie van Distell gedien.

“Hy is plaaslik en internasionaal gerespekteerd en was ’n mentor vir vele mense in die Suid-Afrikaanse wyn- en brandewynbedryf. Ons sal hom net so baie mis vir sy kundigheid, kritiese denke, humor en nederigheid as vir sy enorme bydrae tot die wyn- en brandewynstandaarde en volhoubaarheid in Suid-Afrika.

“Dit is moeilik om die omvang te meet van sy invloed op tegniese en sensoriese gehalte, asook die vrygewigheid waarmee hy sy kennis en begrip oorgedra het.”

Rushton sê Bayly was aktief in verskeie tegniese komitees wat gestig is om wynstandaarde te verbeter. Hy was ook betrokke by die bevordering van bewaring en die uitbou van Suid-Afrikaanse brandewyn en die Pinotage-kultivar.

Hy het ’n deurslaggewende rol gespeel in die skep van een van Suid-Afrika se belangrikste wynbiblioteke, die Tabernakel by Distell. Hier word duisende bottels wyn gehou wat as verwysings en rekords van waardevolle wyneksperimente ingespan word.

“Sy betrokkenheid by ons het meer as 40 jaar en selfs ná sy aftrede geduur. Ons het hom dikwels raad gevra. Hy was dapper, ’n visionêr en ’n fantastiese storieverteller. Om in sy geselskap te wees, was altyd ’n plesier. Ons sal hom vreeslik mis.”

Mnr. Jannie Durand, direksievoorsitter by Distell, sê Bayly se dood is ’n groot verlies vir die wynbedryf en hy sal onthou word vir sy lojaliteit, toegewydheid en vriendskap deur die jare.

Mnr. Piet Beyers, jare lange kollega en vriend van Bayly, wat ook in Distell se direksie dien, sê dat hy onlangs nog saam met hom middagete geëet het. “Hy het energie, geesdrif en sy unieke sjarme uitgestraal. Sy stories en staaltjies, wat altyd met ’n vonkel in die oog vertel is, was soos altyd vol spesiale insigte en wysheid. Ek sal hom baie mis.”

Bayly se betrokkenheid by Distell het eintlik begin nog voor die maatskappy bestaan het. Hy het al in 1962 by Stellenbosch Farmers’ Winery, Distell se voorganger, aangesluit. Dit het later met die Distillers’ Corporation saamgesmelt om Distell te vorm.

Luidens ’n verklaring deur Distell het Bayly ’n invloedryke wynloopbaan van bykans 60 jaar gehad waartydens hy in verskeie komitees, onder meer die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wyn- en Wingerdkunde, Kaap van Goeie Hoop-landbouvereniging, Wyn-en-spiritusraad en die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou gedien het. Hy was een van die eerste mense wat as Kaapse wynmeester geakkrediteer is en was ’n gesogte beoordelaar by verskeie wyn- en brandewynkompetisies.

Bayly het sy loopbaan as ’n laboratoriumassistent begin en uiteindelik ’n Suid-Afrikaanse wynikoon geword wat nooit van sy herkoms vergeet het nie. Saam met sy professionele loopbaan het hy altyd ’n boer gebly.

Hy laat sy vrou, Sue, drie kinders en drie kleinkinders agter.

Me. Andrea Mullineux, voorsitter van die Kaapse Wynmakersgilde, sê Bayly was ’n baanbreker, ’n mentor, ’n vriend en ’n legende in die wynbedryf onder die lede van die gilde. “Toe hy sy loopbaan in wyn begin het, was hy nog ’n young gun, maar ook voor sy tyd. Hy het geïnspireer en die weg gebaan vir verskeie generasies van wynmakers wat sou volg.

“Hy was die personifikasie van die gees van die wynbedryf. Hy was altyd bereid om te help, kundigheid en raad te bied, en sy asemrowende stories oor dekades in die bedryf met ’n vonkel in die oog en ’n glas wyn in die hand te vertel.

“Woorde kan nie die leemte beskryf wat Duimpie sal laat nie, maar hy leef voort in ons harte en die wyne wat ’n gevolg van sy nalatenskap is.”

Me. Wanda Augustyn, media-en-bemarkingsbestuurder by Vinpro, sê die bedryfsliggaan verneem met groot leedwese van die afsterwe van een van Suid-Afrika se mees erkende wynpersoonlikhede.

“Duimpie was ’n mentor, vriend en leier wat ’n enorme bydrae gelewer het tot die hoogste wynstandaarde én volhoubaarheid. Sy innemende en sjarmante persoonlikheid het hom alomgewild gemaak. Die wynbedryf het waarlik ’n ikoon verloor. Ons innige simpatie aan sy familie.”

Mnr. Jacques Steyn, hoofbestuurder by die Kaapse Wynmeesters, sê die moderne wynbedryffamilie het met Bayly se afsterwe sy simboliese vaderfiguur verloor. “Duimpie was ’n saggeaarde steunpilaar vir menige jong toetreder tot die bedryf en altyd gewapen met ongelooflike wynkennis en ’n staaltjie of twee.”

Volgens Steyn sal hy ook onthou word vir sy baanbrekerswerk as voorsitter van die Wyn-en-spiritusraad se afbakeningskomitee en Suid-Afrika se stelsel van sertifisering van Wyn van Oorsprong. “Ons klink ’n glasie op ’n wynlegende!”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot