AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
Deel

Wynboere hou weer fyn dop

Erge hitte knou nie wynboere se vreugde oor oes, wel kommer oor nat toestande.

Parstyd in die Wynland het pas begin en ten spyte van ’n versengende hittegolf, is wynboere optimisties oor vanjaar se oes.


Temperature van tot 45 ?C is verlede week in verskeie wynproduserende gebiede gemeet. Hoewel die rypwordingstoestande tot dusver heel gunstig was, meen wynboere die hittegolf gaan sy spoor op die volume en gehalte laat.


Besproei

Mnr. Danie de Wet van die landgoed De Wetshof naby Robertson sê die hitte is sleg, want dit “druk” die druiwe ryp, terwyl al die ander elemente nog nie gereed is nie. Hy sê die enigste raad is om gereeld te besproei.


Oor weerberigte wat ’n uitsonderlike nat Februarie, Maart en April voorspel, sê De Wet: “As dit so is, moet ons pars dat dit bars.” Siektedruk sal die hoogte inskiet as die hittegolf deur nat toestande opgevolg word.


“Die plante is reeds verwelk en die skil verlep weens die hitte en dus meer toeganklik vir enige swam om dit te penetreer,” verduidelik De Wet.


Mnr. Jean Engelbrecht van Rust en Vrede op Stellenbosch sê sulke nat toestande sal die rooiwynkultivars se korrels laat swel en witwynkultivars se korrels laat bars. Dit sal ook ’n invloed op wyngehalte hê en kelderkapasiteit onder druk plaas.


Hy sê die rooiwynoes is sowat twee weke laat.


Nat toestande groter kommer

In die Oranjerivierstreek ervaar boere sedert Januarie temperature van sowat 40 ?C, maar mnr. Henning Burger, hoof van die wingerdboukundige diens by Oranjerivier-wynkelders, sê hulle beskou dit nie as hittegolftoestande nie. Hy is eerder bekommerd oor die voorspelde nat toestande.


“Ons is ’n somerreënstreek, maar as ons nou baie reën gaan kry, kan dit die wyngehalte benadeel – dan praat ek nie eers van die rosyntjiebedryf wat warm, droë toestande nodig het nie.”


Die kelder het verlede week sy eerste wyndruiwe ingeneem en Burger is in sy skik met die gehalte. “Ons het ’n koel Oktober en November gehad en die druiwe het hoë sure.” Hy verwag ’n oes van gemiddelde grootte.


23 Januarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
-0.2%
Rand - Pond
22.10
-0.1%
Rand - Euro
19.44
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.98
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
985.50
+1.8%
Palladium
1,457.39
+0.6%
Goud
1,981.00
+0.0%
Silwer
23.88
-0.1%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
71,089
0.0%
Alle aandele
76,705
0.0%
Hulpbronne 10
67,517
0.0%
Industriële 25
103,222
0.0%
Finansiële 15
15,634
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot