AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

‘Ysbeerman’ daag Shell uit

’n Voorste kampvegter vir die omgewing het Shell gewaarsku om nie Suid-Afrikaners wat vir die Karoo omgee, te onderskat nie.

’n Voorste kampvegter vir die omgewing het Shell gewaarsku om nie Suid-Afrikaners wat vir die Karoo omgee, te onderskat nie.


Mnr. Lewis Pugh, ’n prokureur wat in seevaartreg spesialiseer, maar beter bekend is om sy swemmery in uiterste omstandighede om die aandag op klimaatverandering te vestig, is by ’n openbare vergadering in Nuweland, Kaapstad, staande toegejuig oor Shell se konsep-omgewingsbestuursplan


Hy het gewaarsku dat die maatskappy se planne om vir skaliegas in die Karoo te prospekteer, Suid-Afrikaners aangehits het.


“As ons moet, sal ons die stryd al die pad van die petrolpompe tot die hoogste hof in die land neem. Ons sal die stryd van die plase en dorpe in die Karoo neem tot in die strate van Londen en Amsterdam, na jul aandeelhouers. Ek glo uiteindelik sal die goeie oor die bose seëvier.”


Sy waarskuwing aan Shell was ook ’n oproep aan Suid-Afrikaners “wat in die skaduwee van Goliat sit” om aan die stryd deel te neem. “Staan op en eis die fundamentele regte wat die Grondwet belowe. Gebruik jul stemme, ‘twiet’, skryf blogs, teken petisies, betrek jul bure en stel jul saak aan die mense wat die besluite neem.”


Hy sê hy het nooit kon dink dat daar ooit in hierdie droë land ’n debat sou wees oor of gas of water die belangrikste is nie. “Ons kan sonder gas oorleef, maar ons kan nie sonder water leef nie.”


Pugh sê as die Karoo se skaars water beskadig word, sal daar weer konflik in Suid-Afrika wees. “Kyk maar oral in die wêreld – waar die omgewing beskadig word, volg konflik.”


Hy het voorgestel dat Shell liewer in hernieubare energie begin belê. “Ons kan ons nie uit die energiekrisis boor nie. Fossielbrandstof se tyd is verby.”


Pugh sê as hy hoor van al die beloftes wat Shell maak, wonder hy hoekom die mense van die Karoo hulle nou moet vertrou, veral in die lig van die maatskappy se “skokkende prestasielys” in die Niger-delta en Nigerië, waar die maatskappy meer as 9 miljoen vate ru-olie in die Niger-delta gemors het. Dit is dubbel die hoeveelheid olie wat BP in die Golf van Mexiko gemors het.


Daarbenewens is Shell skuldig bevind daaraan dat hy Nigeriese amptenare omgekoop het en ’n skulderkenningsboete van $48 miljoen (sowat R336 miljoen) betaal het om in Amerika van die saak ontslae te raak.


Die maatskappy word ook daarvan beskuldig dat hy medepligtig is aan die teregstelling van Nigerië se voorste omgewingsaktivis, Ken Saro-Wiwa, en agt ander aktiviste. “Ons wil nie hê die Karoo moet ’n tweede Niger-delta word nie.”

Kyk hier na 'n fotogalery van die openbare vergadering.


28 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.1%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot