Mnr. Langa Zita, spesiale raadgewer van me. Tina Joemat-Pettersson, Minister vir Landbou, Bosbou en Visserye, is dié departement se nuwe direkteur-generaal.
Die Kabinet het die aangekondig gedoen.
Zita het ‘n baie prominente rol gespeel by die onlangse plaaswerkerberaad in Somerset-Wes. Hy is bekend vir sy bedrywighede binne die Suid-Afrikaans Kommunistiese Party (SAKP) en het as Parlementslid gedien.
Hy is ‘n voormalige voorsitter van die Parlement se Portefeuljekomitee vir Omgewingsake en Toerisme en komiteelid van die Gesamentlike Reëlskomitee en die Nasionale Vergadering se Reëlskomitee.
Mnr. Peter Thabete neem as direkteur-generaal waar totdat Zita sy aanstellingsbrief ontvang.
Die departement het heelwat waarnemende direkteur-generaals gehad voordat die mees geskikte kandidaat uitgeken is. Sedert Joemat-Pettersson in Mei minister geword het, het die kontrak van me. Njabulo Nduli in Oktober verlede jaar verstryk, waarna dr. Moshibudi Rampedi vir ‘n maand lank waargeneem het.
In September het dr. Emily Mogajane waargeneem waarna Thabete in Desember by haar oorgeneem het. Sedert Maart 1997 tot Julie 2008 het onder meer me. Bongiwe Njobe, mnr. Masiphula Mbongwa en dr. Emily Mogajane (waarnemend) die pos beklee.
2 September 2010