AFGRI
BEAN
28 Mrt
-
9704,8
87,80
CORN
28 Mrt
-
4540,4
45,40
SOYA
28 Mrt
-
8240
100,00
SUNS
28 Mrt
-
8710
57,00
WEAT
28 Mrt
-
6743
201,00
WMAZ
28 Mrt
-
3877
-11,00
YMAZ
28 Mrt
-
4082,40
12,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Zuma wil grond laat terugvat in Phakisa

Vanjaar moet die jaar wees waar grond vir die mense teruggeneem word, het pres. Jacob Zuma by die bekendstelling van Operasie Phakisa vir die landbou gesê.

“Die ANC het die duidelik gestel dat vanjaar die jaar vir grondhervorming moet wees waar grond vir die mense teruggeneem moet word. Dit sluit in onteiening sonder vergoeding soos wat in die Grondwet voor voorsiening gemaak is.”

Dít was onder meer van die uitlatings oor grond deur pres. Jacob Zuma, tydens die bekendmaking van Operasie Phakisa vir die landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling – ’n plan gemik daarop om die landbou-sektor te versterk en te hervorm. Die mikpunt is ook om grondhervorming te versnel ter wille van ’n meer inklusiewe landelike ekonomie.

Zuma het dié plan, geskoei op ’n Maleisiese model om aansienlik resultate vinnig te toon, Vrydag, 24 Februarie, buite Pretoria bekend gemaak. Dit volg na soortgelyke Phakisa-planne vir die ontginning van die oseane vir die ekonomie, gesondheid en onderwys.

Radikale ekonomiese transformasie

“Grondhervorming is ’n deurslaggewende pilaar van die program vir radikale ekonomiese transformasie. Ek wil herhaal wat ek in die staatsrede gesê het: Werklike versoening sal nie moontlik wees as die grondprobleem nie opgelos word nie. As ons nie die patrone van grondbesit, -beheer en -bestuur radikaal verander nie sal ons probleme skep vir die toekoms. Ons moet daadwerklike stappe doen om die ekonomie te hervorm, insluitend grondeienaarskap – en dit moet vinnig gebeur.”

Die Phakisa-plan vir die landbou is deur 161 amptenare, akademici, navorsers en ander belanghebbendes in die landbou ontwikkel. Dis binne sewe werkrigtings, wat insluit grondhervorming, produsente-ondersteuning, lewendehawe, graan, tuinbou, arbeid en landelike ontwikkeling. Altesaam 27 inisiatiewe is uitgewerk.

Zuma het verskeie voorbeelde binne die onderskeie werksrigtings voorgehou. Binne die grondhervormingspan is byvoorbeeld besluit om dienssentrums vir grondhervorming binne distrikte te vestig om uitstaande grondeise vinniger te help afhandel.

Uitbreiding van handel

“Die kommoditeitspanne vir graan, lewendehawe en tuinbou het gefokus op die uitbreiding van handel, plaaslik en ook die uitvoermark, die versterking van waardekettings, navorsing en die benutting van skaars waterbronne,” sê Zuma.

Hy sê wat lewendehawe betref is gekyk na die noodsaaklikheid van ’n sensus van die nasionale kudde, ’n omvattende stelsel vir identifikasie en naspeurbaarheid, uitvoer en siektebeheer.

As deel van die geleentheid het mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, ’n ooreenkoms van verstandhouding oor die uitvoer van rooivleis met China se adjunkminister vir die administrasie van gehaltebeheer, inspeksie en kwarantyn, mnr. Li Yuaping, onderteken. Veral kleinskaalse boere sal baat by die uitvoerplanne.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.16
+0.8%
Rand - Pond
22.41
+0.4%
Rand - Euro
19.69
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
963.03
-0.5%
Palladium
1,420.35
+1.0%
Goud
1,973.05
+0.8%
Silwer
23.34
+1.1%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,445
+0.9%
Alle aandele
76,047
+1.0%
Hulpbronne 10
66,460
+2.3%
Industriële 25
102,327
+0.1%
Finansiële 15
15,628
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot