
’n Nuwe studie deur die Credence-instituut in Suid-Afrika en North Mountain Consulting Group in Amerika het gevind dat verbruikers plantgebaseerde en gekweekte vleis in die toekoms grootliks sal aanvaar. Altesaam 1 087 mense van 18-61 het aan die studie deelgeneem. Hulle was verteenwoordigend ten opsigte van ouderdom, geslag, ras en inkomste.
Dié twee produkte kan help om die vraag na proteïen in die toekoms te bevredig.
Die studie wat in die vaktydskrif Frontiers in Sustainable Food Systems gepubliseer is, is sover bekend, die eerste in sy soort in Afrika waar verbruikers se indrukke rakende dié twee produkte ontleed is.