
Ter illustrasie. Foto: Lloyd Phillips
Toetse het die voorkoms van bek-en-klouseer in Noordwes bevestig.
Die rooivleisbedryf is ’n genadelose slag toegedien met die ontdekking van bek-en-klouseer op twee private plase naby Potchefstroom. Wat dit nog meer ontstellend maak, is dat dit, anders as ander gevalle die afgelope drie jaar, ver buite die beheerde gebied is.