
Mnr. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom en hoof van navorsing by die landbousakekamer Agbiz. Foto: VinPro
’n Ondoeltreffende staatsadministrasie, infrastruktuurgebreke, veiligheid, onsekerhede oor beleidskwessies, te min uitvoermarkte en stygende insetkoste is ván die kwessies wat boere die meeste slapelose nagte besorg.