Twee boere in die distrik Utrecht in KwaZulu-Natal is emosioneel en finansieel platgeslaan nadat na raming 300 van hul skape weggespoel of versuip het. Hul medeboere en ander besorgde individue, van naby en ver, trek saam om hulle te help, onder meer met die skenking van vervangingsteelooie.