
Chemiese kunsmis lewer al vir byna 80 jaar ’n belangrike bydrae tot internasionale
voedsel- en veselsekerheid. Die gebruik daarvan moet egter noukeurig en kostedoeltreffend bestuur word. Foto: Johan Norval
Terwyl Oekraïne pas ’n verbod op die uitvoer van kunsmis ingestel het, het die Amerikaanse regering bekend gemaak hy stel $250 miljoen (R3,8 miljard) beskikbaar vir bykomende kunsmisvervaardiging vir Amerikaanse boere.
Nadat Oekraïene reeds vroeër die uitvoer van landbouprodukte soos koring, mielies en sonneblomolie weens die Russiese inval begin beperk het, het die regering ’n algehele verbod op die uitvoer van kunsmis geplaas.