AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Onteiening: ‘Skielik moeilik om plase te verkoop’

akkreditasie
Foto: Antonie Broodryk
Foto: Antonie Broodryk
Beleidsonsekerheid oor die eiendomsreg van grond het die effek van swak wildpryse vererger en bygedra tot die verlangsaming van grondwaarde in Limpopo.

Mnr. Piet Warren, bekende wild-en-beesboer van Gravelotte, sê die pryse van grond waarop daar in Limpopo tradisioneel met wild en beeste geboer is, het oor die laaste kwartaal van verlede jaar met tot 60% verlangsaam.

“Dit het skielik baie moeilik geword om ’n plaas te verkoop,” sê Warren. “Niemand in hierdie omgewing is lus om ’n plaas te koop nie en ek kan hulle nie kwalik neem nie. Hoe kan jy vandag iets koop as jy môre nie gaan weet of dit nog enige waarde gaan hê nie?” 

Eerder die swak wildmark?

Mnr. Philé van Zyl van die varsprodukte-reus ZZ2 gee toe dat die waarde van sekere plase dalk drasties verlangsaam het, maar sê dit het eerder met die swak wildmark te doen as met politiek. Hy sê besproeiingsgrond waarop groente en ander hoëwaardegewasse verbou word, is steeds duur en daar is geen teken van pryse wat daal nie.

Warren sê as wild-en-beesboer sal hy egter nie nou in grond belê nie. Hy sê ook boere wat uitvoergewasse, soos avokado’s en sitrus, verbou, sal daarby baat vind as die Regering grond sonder vergoeding probeer onteien. “Dit sal die rand se waarde laat tuimel en uitvoerders sal duisende rande vir hul produkte in die buiteland verdien.” 

Kopers bly nie op plase nie

Mnr. Nico Kruger is ’n eiendomsagent van Limpopo wat hom op die bemarking van plase toespits. Hy bevestig dat wild- en leefstylplase se waarde met omtrent 50% verlangsaam het. Hy skryf dit toe aan die swak pryse wat skaars en eksotiese wildsoorte verlede jaar behaal het, die impak van 2016 se droogte, asook die trae ekonomie. Kruger sê landelike veiligheid en politiek dra ook in ’n mate daartoe by, want nie een van die kopers wat nou grond koop, gaan bly op die plase nie, sê hy.

Hy sê die kopers is byna almal uit stede in Gauteng en hulle koop die plase kontant. Hulle onderhandel en druk verkopers tydens transaksies vir soveel ekstras as moontlik. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Sonder die romantiek is mens maar net n halwe mens
Ek is eerlik, gemaklik, sin vir humor, lief vir die lewe, positief, leef gesond en lief vir die natuur en veral enige diere
Kom ons wees lekker crazy saam
Never a dull moment with this gemini!ag man kom ons wees net lekker mense saam. geniet wat die lewe vir ons gooi, waarom nie. ek is n goeie mensie wat nie graag alleen wil wees...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot