
Plantgroei word deur lig, temperatuur, water, humiditeit en voeding beïnvloed. Die mens het min of geen beheer oor abiotiese stres nie. Dié stres kan net so skadelik vir gewasse wees as plae, onkruid en siektes. Skommelende omgewingstremmings inhibeer voedingstofopname en beperk fisiologiese prosesse, en selfs al is voedingstowwe en water in die grond beskikbaar, lei ongunstige toestande tot verminderde opname deur wortels.
Hoewel dit waar kan wees dat min tot geen beheer uitgeoefen kan word oor sekere veranderlikes wat plantgroei benadeel nie, moet die boer sy pogings rig op die aspekte van plantgroei wat gunstig beïnvloed kan word. Dit is moontlik om plantfisiologiese prosesse, soos ontkieming, fotosintese en voedingstof-assimilasie, te optimaliseer vir verhoogde plantveerkragtigheid en algehele groei.
Vir hierdie doel het Stoller meer as 50 jaar se navorsing aan die dissiplines van plantfisiologie en biochemie gewy, en baanbrekerswerk gedoen om die dinamiese prosesse te verstaan wat betrekking het op plantgroei, metaboliese aktiwiteit en kommunikasie wat deur planthormone aangedui word. Hierdie kennis is omgeskakel in bewese oplossings vir boere reg oor die wêreld.
Sommige van Stoller se innoverende plantfisiologiese oplossings vir graangewasse is in Brasilië ontwikkel. Met reg, want Brasilië is een van die voorste lande wêreldwyd wat graanproduksie betref. Twee oplossings om plantfisiologie in ’n gunstiger rigting te stuur vir optimale plantgroei, is Co-Mo Platinum® (ontwikkel vir peulgewasse) en Cellerate® (ontwikkel vir grasgewasse).
Co-Mo Platinum® (reg.nr. B5196, Wet 36 van 1947) lewer hoofsaaklik kobalt (Co) en molibdeen (Mo) aan sojaboonplante, hetsy tydens plant of op die V4-stadium. Peulgewasse is stikstofbindende plante en het dus ’n groot behoefte aan molibdeen, aangesien dit ’n kofaktor van die ensiem nitrogenase is.
Molibdeen was een van die min mikrovoedingstowwe waar ’n tekort ’n merkbare afname in produktiwiteit van peulgewasse getoon het*. Daarom is dit belangrik om daarop te let dat molibdeen-tekorte stikstoftekorte by peulplante kan veroorsaak. Kobalt is nodig om kobalamien en leghemoglobien te sintetiseer wat die suurstofkonsentrasie in nodules reguleer om optimale funksie van die nitrogenase-ensiem te verseker.
Rhizobium-bakterieë is kobalamien-afhanklik en daarom het ’n gebrek aan kobalamien ’n ongunstige impak op stikstofvoorsiening aan die plant. Daarna, vir plante wat afhanklik is van simbiotiese stikstofbinding, word kobalt ’n belangrike minerale voedingstof. Vir graangewasse en ander nie-peulplante is Cellerate® (reg.nr. B4670) ontwikkel vir beter stikstof-assimilasie en om ’n optimale natuurlike hormonale balans tydens die vroeë groeistadiums te bevorder.
Cellerate® bevat doeltreffende vorms van molibdeen, sink en fosfor in ideale verhoudings en konsentrasie, en is bewys om ontkieming en eenvormigheid te verbeter.
Dit veroorsaak ook ’n meer uitgebreide wortelstelsel deur verbeterde stikstofgebruik en hormonale balans. Sink is ’n sleutelfaktor in die sintese van ouksien, wat, in voldoende hoeveelhede, plantgroei verbeter.
In plante is dit bekend dat vyf ensieme afhanklik is van molibdeen, naamlik: sulfietoksidase (SO), mitochondriale amidoksimreduktase (mARC), xantien-dehidrogenase (XDH), nitraat-reduktase (NR) en aldehiedoksidase (AO).
Dit is bekend dat hierdie ensieme deelneem aan talle redoksreaksies wat nodig is vir optimale plantgroei en -ontwikkeling**. Stoller se oplossings bevat spesifieke tegnologieë om doeltreffende af- lewering en translokasie van kobaltfaktore en voedingstowwe by elke fisiologiese groeistadium te verseker.