
Met hierdie belangrike mylpaal kan die maatskappy nie net sy stigting vier nie, maar ook besin oor die jare van sukses en beplan vir die volgende 70 jaar.
“Daar het baie sedert 1951 gebeur. As ons terugkyk op ons reis, word dit duidelik dat ons passie vir landbou en vervaardiging nie net bygedra het tot ons volhoubaarheid nie, maar ook ons status as ’n voorkeur- en betroubare meganisasievennoot vir klein en mediumgroot boere,” sê mnr. Martin Coetzee, besturende direkteur van Staalmeester.
Van krag tot krag
Staalmeester is in 1951 deur PML (Meester) Coetzee gestig met die doel om goed vervaardigde landboutoerusting aan boere in Sentraal-Suid-Afrika te verskaf. Vandag verteenwoordig hierdie visie steeds die Staalmeester-erfenis.
Die Coetzee-familie het regdeur die onderneming se reis ’n integrale rol gespeel met drie geslagte wat na uitnemendheid en impak gestreef het. Gedurende die laat 1980’s het Martin Coetzee, Meester se seun, Staalmeester strategies geposisioneer om ’n huishoudelike naam te word. In 2012 is die bestuur deur Martin jr. oorgeneem.
Vandag is Staalmeester ’n filiaal van Senwes Toerusting en spog met 108 produkte wat aangebied word. Landboutoerusting word verkry en ingevoer uit 11 lande en uitgevoer na 18 lande.
“Die afgelope sewe dekades het baie veranderinge wêreldwyd voorgekom en Suid-Afrika het baie gunstige veranderinge beleef. Ten spyte hiervan leef ons in ’n era waar dinge nie altyd gebou word om te hou nie en die samelewing baie verbruik en nog meer weggooi. Ek glo dat Staalmeester binne hierdie werklikheid die landbousektor beïnvloed het deur betroubare en stewige landboutoerusting te vervaardig en te verkry,” sê Coetzee.
Op die vraag oor wat hy as die maatskappy se beste eienskappe beskou, sê Coetzee dat Staalmeester daarop roem dat hy kundig op die gebied van bekostigbare en betroubare landboutoerusting is. Die maatskappy bedryf ook sy besigheid deur middel van ’n gevestigde en diverse netwerk handelaars en werkwinkels.
Besoek Staalmeester se webwerf by www.staalmeester.co.za vir nog inligting.