AFGRI
BEAN
08 Des
-
9403
0,00
CORN
08 Des
-
4398,6
21,60
SOYA
08 Des
-
10558,8
58,80
SUNS
08 Des
-
10459,8
39,80
WEAT
08 Des
-
6700
37,00
WMAZ
08 Des
-
4815
2,00
YMAZ
08 Des
-
4420
35,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bonsmaras van goeie gehalte altyd beskikbaar op veilings

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
.
.
Beskikbaarheid is een van die belangrikste faktore wat in ag geneem moet word wanneer enige produk bemark word. Daarom is dit vir Bonsmara SA uiters belangrik dat Bonsmaras van goeie gehalte in enige streek in Suid-Afrika beskikbaar moet wees, teen bekostigbare pryse vir kommersiële boere.

Wat die verhandeling van beeste betref, besef Bonsmara SA en sy telers dat kommersiële kopers verreweg die grootste marksegment is. Met sowat 80% van Bonsmara-bulle wat jaarliks aan kommersiële boere verkoop word, is dit belangrik dat diere in elke streek van Suid-Afrika beskikbaar is.

Opnames deur stoetboere het bewys dat 99% van die gemiddelde stoetteler se mark binne ’n radius van 150 km van hom is. Daar is altyd die geleentheid om ’n uitsonderlike bul te verkoop aan stoettelers wat van ver gekom het vir spesifieke eienskappe van die bul, maar op alle veilings, ook topveilings, is die meeste kopers uit dieselfde gebied. Dit is ook hierdie kopers wat jaarliks terugkom en weer teelmateriaal kom koop.

As na die verspreiding van Bonsmara SA se produksieveilings in 2021 gekyk word (GRAFIEK 1), is dit duidelik dat daar in elke provinsie genoeg veilings is om die mark te bedien en seker te maak dat Bonsmara-bulle altyd vir die kommersiële boer beskikbaar is.

Bonsmaras grafiek 1
.

Koste

Dikwels wanneer in die media berig word oor goeie pryse wat op ’n produksieveiling behaal is, word daar outomaties ’n aanname gemaak dat die diere skielik onbekostigbaar geword het vir kommersiële boere.

Hou eerstens in gedagte dat geen veiling net deur stoettelers ondersteun word nie. Op alle veilings is die meeste diere aan die kommersiële mark verkoop en ’n kleiner persentasie aan stoettelers. Dit was dus kommersiële kopers wat bereid was om ’n premieprys vir ’n goeie produk te betaal.

In die verlede was die riglyn agt speenkalwers vir ’n teelbul. As ’n mens kyk na die gemiddelde gewig van die Bonsmara en die gemiddelde prys wat behaal word, blyk die volgende:

  • Gemiddelde gewig van ’n speenkalf: 230 kg.
  • Prys: R40/kg.
  • Totaal: R9 200/speelkalf.
  • Agt speenkalwers x R9 200 = R73 600.

Dit bewys net weer dat die kommersiële boer die prysbepaler is, want in 2021 was die gemiddelde prys van ’n Bonsmara-bul R73 600 vir die 2 740 bulle wat op veilings verhandel is.

Natuurlik sal daar uitskietpryse wees, want sekere bulle se teelmateriaal en eienskappe is bloot meer werd. Dat daar steeds bulle in elke koper se prysklas beskikbaar is, kan duidelik gesien word in GRAFIEK 2 , wat die verspreiding van pryse op 104 produksieveilings in 2021 toon.

Bonsmaras grafiek 2
.

Gehalte

Die eienskappe van die Bonsmara-ras is al in vele artikels uitgewys. In GRAFIEK 3 kan weer gesien word dat Bonsmara-telers seker maak bogemiddelde teelmateriaal word vir die mark beskikbaar gestel.

Bonsmaras grafiek 3
.

Die grafiek wys duidelik dat meer as 90% van die bulle wat in 2021 verkoop is, gemiddeld en bogemiddeld binne die ras was vir groei-eienskappe en speenkalfwaarde waarvoor die kommersiële boer wil selekteer. Daarom kan boere steeds met ’n geruste hart na enige Bonsmara-veiling gaan.

Mnr. Louis Steyl is die uitvoerende hoof van Bonsmara SA.

NAVRAE: Web: www.bonsmara.co.za (’n Lys van veilings in die komende maande is daar beskikbaar.)

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.1%
Rand - Pond
21.01
-0.3%
Rand - Euro
18.12
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.7%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,788.19
+0.1%
Silwer
23.05
+1.4%
Palladium
1,933.50
+4.3%
Platinum
1,009.00
+0.3%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,282
+0.6%
Alle aandele
74,467
+0.6%
Hulpbronne 10
73,812
+0.8%
Industriële 25
91,705
+1.0%
Finansiële 15
15,540
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lawman
Wil vriende maak, mense ontmoet. Ek hoor ek is aantreklik, slim en interreasnt. Ek dink ek is goeie geselskap. , nooit vervelig nie. Ek is brutaal eerlik en verwag dieselfde.
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot