AFGRI
BEAN
17 Jan
-
7800
20,00
CORN
17 Jan
-
3664,8
22,80
SOYA
17 Jan
-
7875
-52,00
SUNS
17 Jan
-
8980
48,00
WEAT
17 Jan
-
5898
55,00
WMAZ
17 Jan
-
3595
35,00
YMAZ
17 Jan
-
3720
38,00
AMT
Beeste A2/3
07 Jan
-
55,55
-1,06
Beeste AB2/3
07 Jan
-
53,84
-0,97
Beeste B2/3
07 Jan
-
51,83
-1,13
Beeste C2/3
07 Jan
-
47,03
0,97
Bevrore Hoender
07 Jan
-
29,37
0,87
Bokkies (onder 30 kg)
07 Jan
-
60,79
-1,75
Bokooie
07 Jan
-
44,43
0,22
Groot (meer as 40 kg)
07 Jan
-
42,4
-6,15
Hoender (IQF)
07 Jan
-
27,73
1,73
Medium (30-40kg)
07 Jan
-
54,52
2,25
Pork Average
07 Jan
-
28,77
0,80
Poultry Average
07 Jan
-
29,2
1,37
Skaap A2/3
07 Jan
-
82,4
-1,11
Skaap AB2/3
07 Jan
-
75,3
-0,89
Skaap B2/3
07 Jan
-
73,05
-1,17
Skaap C2/3
07 Jan
-
68,32
-0,93
Speenkalf
07 Jan
-
40,26
-0,09
Spekvarke
07 Jan
-
29,08
1,15
Stoorlammers
07 Jan
-
40,88
0,22
Varkwors
07 Jan
-
22,76
0,18
Vars Hoender
07 Jan
-
30,5
1,50
Vleisvarke
07 Jan
-
28,73
0,77
Wol (skoon)
07 Jan
-
175,36
3,01

Brangus – die bees vir alle omgewings

akkreditasie
Die Brangus presteer goed op al die verskillende soorte weidings in Suid-Afrika. FOTO: VERSKAF
Die Brangus presteer goed op al die verskillende soorte weidings in Suid-Afrika. FOTO: VERSKAF
Suid-Afrika is die land met die grootste verskeidenheid weidingsgebiede ter wêreld. Een beesras wat ideaal daarvoor geskik is, is die Brangus. Dat Brangus-beeste op ál die verskillende weidings kan presteer, is ’n bewys van die aanpasbaarheid en gehardheid van dié ras.

Die Brangus is oorspronklik in 1943 in Amerika geteel. Nadat dié beeste na Suid-Afrika gebring is, is met opteelprogramme uit die Brahman en Angus begin. Die oudste Brangus-stoetery in Suid-Afrika, van mnr. Raymond Green van Ladysmith, is in 1963 begin. Danksy pligsgetroue teling en prestasietoetsing het die Brangus oor die jare gegroei tot een van die grootste rasse in die land.

Die eerste Brangus-klub is in 1976 gestig om erkenning vir die ras te kry. In 1986 het SA Stamboek die grondwet en teelmetodes van die Brangus-beestelersgenootskap van Suid-Afrika aanvaar.

Gesogte eienskappe 

Die Brangus is uit twee rasse ontwikkel, naamlik die Angus, wat in gematigde streke presteer, en die Brahman, wat goed vaar in tropiese toestande. Die Brangus verteenwoordig die beste van albei wêrelde en verseker ’n lang, produktiewe leeftyd. Dit beteken meer kalwers en die behoorlike gebruik van bulle met uitstekende genetiese eienskappe.

Die Brangus is ook die enigste Brahman-verwante ras wat 100% poenskop is. Vroulike Brangus-diere het ’n effense skuins kruis, wat geboortegemak bevorder. Hul kalwers het klein koppe en is lig, maar sterk by geboorte. Geboorteprobleme is dus seldsaam en die oorlewingskoers is hoog.

Brangus-beeste is uitstekende groeiers op die veld én in die voerkraal. Hulle het talle ander gesogte eienskappe, soos vrugbaarheid, langlewendheid, vleisgehalte, aanpasbaarheid, gehardheid en loopvermoë. Die uitsonderlike aanpasbaarheid en doeltreffendheid van die Brangus-koeie is egter die grootse voordeel van dié ras.

Deur droogtejare het hierdie mak, mediumraamkoei haar stempel op die veelandskap afgedruk. Die koeie is bekend daarvoor dat hulle in veldtoestande kalwers speen wat die helfte soveel soos hulle weeg, en wat gesog is in voerkrale. Hierdie prestasie word in elke provinsie behaal, ongeag die klimaat en weiding.

Brangus-telers konsentreer ook op die handhawing van melkteelwaardes. Dit lê die grondslag vir lewenslange prestasie. Sonder goeie melkvoeding sal ’n speenkalf nie swaarder word en ’n vers nie ’n kalf grootmaak nie. Die ras word dikwels in kruisteelprogramme gebruik vir geboortegemak en gesogte kalwers, maar dis die kruisverse wat ’n uitstekende nalatenskap het.

Die Brangus is deel van die Suid-Afrikaanse genomikaprojek en daar is kuddes wat daarop toegespits is om data in te vorder. Die oogmerk is om uit genomiese ontledings genetiese merkers vir sekere eienskappe te identifiseer.

Die genootskap 

Die Brangus-beestelersgenootskap streef daarna om veldaangepaste beeste te produseer wat ook in die voerkraal presteer. Die ras se teeldoelwitte is gegrond op die behoeftes van die kommersiële vleisbeesboer, die bestaande rasstandaarde en om die goeie eienskappe waarvoor die bees bekend is, uit te bou.

Brangus-telers wat by die genootskap aansluit, ontvang een keer per jaar besoek van ’n opgeleide inspekteur wat die kudde sal ondersoek en professionele raad gee. Met die samewerking van Unistel bied die genootskap ook DNS-toetse vir die diere. In 2012 het die Brangus opgegradeer na die internasionale lewendehawe-registrasiestelsel 2 (ILR2).

Daardeur word teelwaarde- indekse verkry vir verskeie eienskappe, soos geboortegemak, vrugbaarheid, groei en karkas-eienskappe.

Veilings

Landwye Brangus-veilings word gereeld onder die vaandel van die genootskap gehou sodat die beeste vir al die lede en die kommersiële mark toeganklik is. Vanjaar se nasionale Brangus- veiling vind op Woensdag 11 Augustus om 11:00 by La La Nathi, Harrismith, plaas. Altesaam 90 topgehalte-Brangusbulle en 22 vroulike diere word aangebied.

Die veiling sal ook ’n aanlyn platform hê wat deur SwiftVee behartig word. Die Brangus-skou vir vroulike diere word op Maandag 9 Augustus gehou. Die skou vir die bulle begin daarna en duur voort op Dinsdag 10 Augustus. 

Navrae:
Brangus SA, 051 451 2496, e-pos: info2@brangus.org.za, web: brangus.org.za, Facebook: BrangusSA, Twitter: @BrangusSA


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.38
-0.0%
Rand - Pond
20.98
+0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,819.25
+0.1%
Silwer
23.03
+0.3%
Palladium
1,876.50
-0.4%
Platinum
976.34
+0.2%
Brent-ruolie
86.06
+1.9%
Top-40
68,889
+0.6%
Alle aandele
75,594
+0.6%
Hulpbronne 10
74,696
+0.4%
Industriële 25
95,569
+1.3%
Finansiële 15
15,498
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Begin iets nuuts
Ek is n introvert as jy my nie Ken nie en word n extrovert as jy my Ken. Raak stil op tye en maak geraas en hou dinge aan die gang. Hou van see en swembad en buite lewe. Mal oor...
Lief vir die lewe.
Ek hou van mense, en kom oor die weg met almal. Hou van eerlikheid te alle tye seker nie te veel gevra nie.😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot