AFGRI
BEAN
17 Jan
-
7800
20,00
CORN
17 Jan
-
3664,8
22,80
SOYA
17 Jan
-
7875
-52,00
SUNS
17 Jan
-
8980
48,00
WEAT
17 Jan
-
5898
55,00
WMAZ
17 Jan
-
3595
35,00
YMAZ
17 Jan
-
3720
38,00
AMT
Beeste A2/3
07 Jan
-
55,55
-1,06
Beeste AB2/3
07 Jan
-
53,84
-0,97
Beeste B2/3
07 Jan
-
51,83
-1,13
Beeste C2/3
07 Jan
-
47,03
0,97
Bevrore Hoender
07 Jan
-
29,37
0,87
Bokkies (onder 30 kg)
07 Jan
-
60,79
-1,75
Bokooie
07 Jan
-
44,43
0,22
Groot (meer as 40 kg)
07 Jan
-
42,4
-6,15
Hoender (IQF)
07 Jan
-
27,73
1,73
Medium (30-40kg)
07 Jan
-
54,52
2,25
Pork Average
07 Jan
-
28,77
0,80
Poultry Average
07 Jan
-
29,2
1,37
Skaap A2/3
07 Jan
-
82,4
-1,11
Skaap AB2/3
07 Jan
-
75,3
-0,89
Skaap B2/3
07 Jan
-
73,05
-1,17
Skaap C2/3
07 Jan
-
68,32
-0,93
Speenkalf
07 Jan
-
40,26
-0,09
Spekvarke
07 Jan
-
29,08
1,15
Stoorlammers
07 Jan
-
40,88
0,22
Varkwors
07 Jan
-
22,76
0,18
Vars Hoender
07 Jan
-
30,5
1,50
Vleisvarke
07 Jan
-
28,73
0,77
Wol (skoon)
07 Jan
-
175,36
3,01

Brangus ’n veelsydige presteerder

akkreditasie
Brangusbeeste is nie net uitstekende groeiers op die veld én in die voerkraal nie, hulle besit ook talle ander gesogte eienskappe soos vrugbaarheid, langslewendheid, vleisgehalte, aanpasbaarheid en gehardheid.
Brangusbeeste is nie net uitstekende groeiers op die veld én in die voerkraal nie, hulle besit ook talle ander gesogte eienskappe soos vrugbaarheid, langslewendheid, vleisgehalte, aanpasbaarheid en gehardheid.
Om in Suid-Afrika te boer, sit beslis nie in elkeen se broek nie, veral met stygende insetkoste, ’n gebrek aan subsidies, invoermededinging en dies meer, wat sake vir veetelers en produsente bemoeilik. Suid-Afrika is egter een van die lande met die grootste verskeidenheid weidingsgebiede ter wêreld en hiervoor is die Brangusbeesras ideaal. Dat Brangusse op al hierdie verskillende weidings kan presteer, sê baie van die aanpasbaarheid en gehardheid van dié ras.

Die Brangus is noukeurig uit twee rasse ontwikkel, naamlik die Angus, wat in gematigde streke presteer, en die Brahman, wat onder tropiese omstandighede goed doen. Die Brangus verteenwoordig die beste van beide wêrelde en verseker ’n lang produktiewe leeftyd. Dit beteken meer kalwers en die behoorlike gebruik van bulle met uitstekende genetika. 

Hieroor styg Brangus uit 

Die Suid-Afrikaanse bevolking groei jaarliks met 2% en plaaslike produsente word uitgedaag om meer op ’n kleiner oppervlak te produseer. Hiervoor is vroegrypdiere nodig wat vinnig groei sonder om vleisgehalte in te boet. Daarmee saam moet melkproduksie en vrugbaarheid konstant gehandhaaf word en dít is hier waar die Brangus bo die res uitstyg.

Die Brangus is ook die enigste Brahmanverwante ras wat 100% poenskop is. Talle ander rasse bring die poenskopgeen in hul kuddes in ter wille van dierewelsyn, beter bestuur en minder beserings. Vanweë die skaarsheid van poenskopdiere binne hul rasse, is hierdie poenskopbeeste egter nie noodwendig hul beste beeste nie. Vordering met die ontwikkeling van poenskopkuddes is ook stadig, aangesien baie van die poenskoppe heterosigoties vir die geen is. Die Brangus, daarteenoor, ontleen sy poenskopgeen aan die Angus, wat al eeue lank homosigoties poenskop is.

Vroulike Brangusdiere het ’n effense skuins kruis, wat kalwingsgemak bevorder. Hulle kalwers het klein koppe en is lig, maar sterk by geboorte. Kalwingsprobleme is dus seldsaam en die oorlewingskoers is hoog.

Brangusbeeste is uitstekende groeiers op die veld én in die voerkraal. Hulle besit ook talle ander gesogte eienskappe soos vrugbaarheid, langslewendheid, vleisgehalte, aanpasbaarheid, gehardheid, loopvermoë en selektiewe vreetvermoë. 

Volhoubare presteerders 

Danksy die Brangus se medium raam en vroeë volwassenheid, presteer hy uitstekend op weidings met beperkte voedingswaarde en korter seisoene. Dit verseker gehalte vleisbeesproduksie sonder dat voerkraalafronding nodig is. Die korter groeityd van Brangusbeeste beteken ook minder druk op weiding asook groter winsgewendheid.

Brangusbeeste is konsekwent in hul prestasies in verskillende provinsies in die land. Brangusbeeste lewer ook besonderse goeie speenkalwers. Met die hoogste gemiddeldes in onderskeidelik Mpumalanga en die Noord-Kaap, is dit duidelik dat die Brangus nie net in gebiede met goeie weiding presteer nie, maar ook in droër streke.

Eersteklaskoeie

Die Branguskoei is die kroon van die ras. Die kombinasie van uitstekende moedereienskappe en die vaars se vinnige groeikapasiteit, lewer koeie wat in alle provinsies die helfte van hul gewig speen. Brangustelers fokus ook op die handhawing van melkteelwaardes. Dit lê die grondslag vir lewenslange prestasie. Sonder goeie melkvoeding, sal ’n speenkalf nie swaarder word en ’n vers nie ’n kalf grootmaak nie. 

Navrae:
Brangus SA, 051 451 2496, e-pos: admin@brangus.org.za. Webblad: brangus.org.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.38
-0.0%
Rand - Pond
20.98
+0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,819.25
+0.1%
Silwer
23.03
+0.3%
Palladium
1,876.50
-0.4%
Platinum
976.34
+0.2%
Brent-ruolie
86.06
+1.9%
Top-40
68,889
+0.6%
Alle aandele
75,594
+0.6%
Hulpbronne 10
74,696
+0.4%
Industriële 25
95,569
+1.3%
Finansiële 15
15,498
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Begin iets nuuts
Ek is n introvert as jy my nie Ken nie en word n extrovert as jy my Ken. Raak stil op tye en maak geraas en hou dinge aan die gang. Hou van see en swembad en buite lewe. Mal oor...
Lief vir die lewe.
Ek hou van mense, en kom oor die weg met almal. Hou van eerlikheid te alle tye seker nie te veel gevra nie.😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot