
Case IH se manifes is: “Ons is planmakers, werkers en assistente. Ons is jou vennoot, sielsgenoot, vriend en buurman. Ons is uniek. Ons bied masjinerie, werktuie, tegnologie, ondersteuning, kennis en begrip. Case IH se toerusting is gebou om in die veld te wees. Ons werktuie is op hul beste in ’n werkende toestand. Ons beskik oor innoverende tegnologie. Ons belê in produsente, grond en die behoefte van elke lewende wese wat gevoed moet word.”
“Case IH loop breëbors rond danksy van die gesogste eerbewyse as wêreldleier in die vervaardiging van landboutoerusting. Dit alles is goed en wel, maar sonder produsente wat dit benut, beteken dit niks nie. Gemeenskappe is afhanklik van jóú, die boer. Jy voed die mensdom ondanks daaglikse beproewings en probleme. Maklik is dit nie, maar jy is nie alleen nie. Case IH staan agter jou, langs jou en voor jou om aanslae vanuit alle rigtings af te weer. Ons is Case IH. Ons láát dit gebeur.”
Case IH is gevolglik toegespits op die behoeftes van ál sy klante. Case IH se produkte is die resultaat van klantgedrewe produkontwerp, op grond van inspirasie en bydraes wat boere self gelewer het. Case IH se vernuwende produkontwerp en vervaardiging word al twee dekades lank met behulp van eindverbruikers gedoen.
Hoogtepunte
Die Case IH-handelsmerk is ’n belangrike wêreldspeler in die mark vir landboutoerusting. die maatskappy in 1842 gestig. In 1847 het mnr. Cyrus McCormick die McCormick Harvesting Machine-maatskappy in Chicago, Amerika, gestig. As baanbreker van Case IH se ryke geskiedenis het hy in 1831 die eerste meganiese stroper ontwerp.
Jerome Increase Case het die eerste stoomenjinaangedrewe trekker in 1869 bekend gestel. In 1886 het Case die grootste vervaardiger van stoomenjins ter wêreld geword. Die eerste Axial Flow-stroper toon al sedert 1977 sy staal in die landboubedryf. In 2016 was Case IH die eerste landbouhandelsmerk wat ’n kajuitlose, outonome robottrekker bekend gestel het, wat ’n landery onafhanklik kan bewerk.
In 2017 het die handelsmerk sy 175ste bestaansjaar gevier. Deesdae word Case IH-toerusting wêreldwyd op plase aangetref. Case IH se toerusting is vandag produktiewer, meer ekonomies, betroubaarder en meer presies as vantevore.
Suider-Afrika
Northmec/Case IH Suider-Afrika is al sedert 1989 die amptelike verspreider van die Case IH-handelsmerk in Suider-Afrika. Nadat hy al langer as ’n eeu in Suid-Afrika sake gedoen het, is Northmec die gevestigste verspreider van landboutoerusting in die land. Die maatskappy bied met sy werktuie en ander landboutoerusting ’n volledige reeks vir Suid-Afrikaanse boere.
Mnr. Jacques Taylor, besturende direkteur, sê die handelsmerk sal voortgaan om ’n bydrae te lewer tot die toekomstige groei van die landbou in die streek deur sy verbintenis tot gehalte, vernuwing, gevorderde tegnologie, kundigheid in landboupraktyke en professionele ondersteuning. Produsente wat nog inligting wil bekom, kan hul naaste Case IH/Northmec-tak of handelaar skakel.