AFGRI
BEAN
02 Jun
-
8499
-73,00
CORN
02 Jun
-
4527
-150,00
SOYA
02 Jun
-
7800
-74,00
SUNS
02 Jun
-
8300
38,00
WEAT
02 Jun
-
6320
-53,00
WMAZ
02 Jun
-
3698
-15,00
YMAZ
02 Jun
-
3814
-38,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

ClemenGold® kry groot erkenning in Thailand

akkreditasie
Foto: Verskaf
ClemenGold®, Suid-Afrika se bekendste premie-mandarynhandelsmerk, het pas die Bemarkingsveldtog van die Jaar-toekenning op die jaarlikse Asia Fruit Logistica in Bangkok, Thailand, gewen.

Hierdie toekenning gee erkenning vir die suksesvolle vestiging van ClemenGold® se internasionaal geregistreerde handelsmerk en die uitbou van ’n mark vir mandaryne in China. John Hey, redakteur van Asiafruit Magazine, sê die handelsmerk word hiermee beloon vir volgehoue bemarkingsbelegging en -insette sedert 2013. Asiafruit Magazine is die medeborg van hierdie varsproduktehandelskou.

In Suid-Afrika het die handelsmerk sedert 2006 ’n ekslusiewe leweringsverhouding met Woolworths en het verbruikers die handelsmerk leer ken vir sagtesitrus van topgehalte, en ’n konstante en uitsonderlike geurprofiel.

Sedertdien het die handelsmerk landsgrense oorgesteek. Dit is tans beskikbaar in 42 lande by meer as 100 kliënte. ClemenGold® het in 2013 sy voelers na China uitgesteek om die mark te toets. Van 2019 tot 2021 het verkope sesvuldig gegroei. Ontvangers van die vrugte sluit groothandelaars en varsproduktemarkte in, asook van die land se toonaangewende kettingwinkels.

“Met hierdie toekenning gee ons erkenning aan ClemenGold® vir sy suksesvolle model waarvolgens hy groot- en kleinhandelsvennote identifiseer wat die benadering aanvaar dat ’n sterk en bekende handelsmerk verkope aandryf. ClemenGold® se bemarkingspan ondersteun hierdie vennote dan met verkoops- en bemarkingskundigheid en -materiaal om verbruikers nader te lok en aan te moedig om te koop. ’n Verskeidenheid innoverende aktiwiteite sluit in indrukwekkende winkeluitstallings, vermaaklike verbruikersgeleenthede en proe-sessies,” sê Hey.

“Die toekenning is grootliks ook te danke aan die geesdrif van ons Chinese invoerders,” meen Adéle Ackermann, bemarkingsbestuurder van Fruitalyst, die kommersialiserings-en-bemarkingsmaatskappy agter die ClemenGold®-handelsmerk. “Die kreatiewe en toegewyde wyse waarop hulle elke seisoen interaksie skep tussen hierdie handelsmerk en verbruikers, word hoog op prys gestel. Hulle laat die ClemenGold®- handelsmerkstorie waarlik lééf op die rakke in China! Vir ons is die toekenning ’n bewys dat hierdie gehoor by ons strategies ontwikkelde bemarkingsboodskappe en -metodes aanklank vind. En dit vorm deel van ons kernstrategie: om direk met verbruikers kontak te maak en kultuur-toepaslik met hulle te kommunikeer.

“Ons bedank natuurlik ook ons platform van eensgesinde produsente en verpakkingsvennote wat ons help om by ons beloftes te hou ten opsigte van gehalte en lewering volgens beplande skedules.”

Volgens Ackermann deel die span graag die toekenning met die hele waardeketting. “Hierdie toekenning vier almal se insette om uiteindelik ’n wêreldklas-ClemenGold-mandaryn in ’n sitrusliefhebber se hande te sit.”

Die groeiende gewildheid van ClemenGold®-mandaryne in China het die deur oopgemaak vir die bekendstelling van pitlose LemonGold®-suurlemoene van Suid-Afrika en ander mandarynhandelsmerke soos Sweet C en ClemenOrange wat vinnig veld wen en deur verskeie verbruikers verwelkom word.

Navrae: Web: www.clemengold.com; e-pos: info@clemengold.com; 012 883 9723

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.42
+1.1%
Rand - Pond
24.33
+1.0%
Rand - Euro
20.92
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.87
+0.3%
Rand - Jen
0.14
+1.1%
Platinum
1,003.51
-1.2%
Palladium
1,400.53
+0.1%
Goud
1,978.66
+0.1%
Silwer
23.89
+0.1%
Brent-ruolie
74.28
+2.3%
Top-40
71,970
+1.9%
Alle aandele
77,103
+1.7%
Hulpbronne 10
70,883
+2.8%
Industriële 25
104,851
+1.8%
Finansiële 15
14,698
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom, sê 'n bietjie "hallo"!
Goeie intelligente geselskap. Ek ontmoet graag nuwe mense en gou daarvan om tyd saam deur te bring. Opreg en 'n staatmaker.
Kom ons kyk wat gebeur
Dit is so moeilik om jouself te beskryf. Ek kan jou wel se jy sal nooit weer iemand soos ek ontmoet nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot