AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Dié koring kraai steeds koning

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Omdat kultivars verskil in hul reaksie op die omgewing en produksietoestande, is kultivarkeuse ’n bepalende faktor wanneer dit by opbrengs en wins kom.

Optimale graanopbrengs is die resultaat van deurdagte beplanning en doeltreffende gewasbestuur. Produktiwiteit en winsgewendheid word egter in wins/ha en nie slegs in ton/ha gemeet nie. Verhoogde winsgewendheid kan net bereik word wanneer die gewas behoorlik in ooreenstemming met ander produksie-elemente bestuur word.

Volgens mnr. Andries Wessels, bestuurder: saadverkope en -produkontwikkeling by Syngenta, word koringopbrengs deur die aantal plante per hektaar, die aantal are per plant, die korrelgetal per aar en die individuele graankorrelmassa bepaal.

Kultivars reageer nie eenders op die omgewing en produksietoestande nie. Daarom is kultivarkeuse ’n bepalende faktor wanneer dit by opbrengs en wins kom. Produsente moet aspekte soos opbrengspotensiaal, aanpasbaarheid, stabiliteit, graangehalte, staanvermoë en siekteverdraagsaamheid van ’n kultivar in aanmerking neem.

Syngenta

Sekere kultivars presteer beter by ’n laer opbrengspotensiaal, terwyl ander weer gedy onder hoë-opbrengspotensiaal-toestande. Sekere kultivars is wyd aangepas, maar kan dalk te kort skiet as dit by siekteverdraagsaamheid kom. Dit is ook belangrik om te onthou dat ’n hoë opbrengs soms negatief korreleer met eienskappe soos proteïeninhoud, bakgehalte en hektolitermassa.

Dit is raadsaam om teen ’n hoër stand te plant indien laat geplant word omdat die vegetatiewe groeityd ingekort word. Dit beïnvloed die kultivar se stoelvermoë. Om hierdie situasie te bestuur, moet plantdigtheid hoër aangepas word hoe later geplant word.

Genetiese diversiteit vorm die hartklop van Syngenta se koringteelprogramme en daarom is die maatskappy in staat om nuwe en goeie kultivars te ontwikkel en te kommersialiseer.

Inligting waarop die beskikbaarstelling van kultivars en ook die boer se keuse gegrond word, word ingesamel deur strook- en multi-jaarproewe. Hieruit word nuwe lyne uit die teelprogram geëvalueer om uiteindelik as kultivars beskikbaar gestel te word.

Die data wat uit die strookproewe genereer word, reflekteer ook die statistiese navorsingsproewe wat oor jare geplant word in al die belangrike produksiegebiede. Hierdie data gee ’n goeie aanduiding van hoe stabiel en aangepas ’n kultivar is.

Syngenta beveel ’n kultivarpakket aan vir goeie risikoverspreiding. Medium-, mediumkort- en kortgroeitydkultivars sal die aangewese produkte wees om te oorweeg vir later aanplantings omdat hulle beter aangepas is vir die middel tot laat tydperk van die planttydgleuf.

Koring het ’n belangrike plek in ’n wisselboustelsel saam met somergewasse soos sojabone, droëbone, sonneblom, mielies en katoen in die besproeiingsgebiede van Suid-Afrika. Lentetipes koring wat in die laatherfs en winter aangeplant word, is geskik vir besproeiing.

Produsente kan hul besproeiingskoringpakket uit die volgende produkte saamstel.

  • * SST 884 – ’n Kortgroeityd-besproeiingskultivar met goeie opbrengspotensiaal. Wanneer die risiko groot is vir laat koue en ryp, is hierdie moontlik die ideale keuse omdat die plantdatums aangepas kan word.
  • * SST 8135 – ’n Kort tot mediumgroeityd-besproeiingskultivar met goeie opbrengspotensiaal.
  • * SST 8154 – ’n Kortgroeityd-besproeiingskultivar met goeie opbrengspotensiaal, staanvermoë en graangehalte.
  • * SST 8156 – Hierdie hoëpotensiaal-semi-dwergkultivar het ’n mediumgroeityd en is wyd aangepas vir vroeë en middelseisoenaanplantings. Dit bied goeie uitloopweerstand en matige weerstand teen stam- en geelroes. SST 8156 se pitvastheid is goed en die graangehalte is uitstekend.
  • * SST 8205 – ’n Mediumgroeityd-besproeiingskultivar met uitmuntende opbrengspotensiaal.
Navrae:
Syngenta, webblad: www.syngenta.co.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.27
+1.2%
Rand - Pond
23.96
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.75
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,029.47
+2.4%
Palladium
1,408.13
-1.9%
Goud
1,961.50
+0.7%
Silwer
23.58
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd is kosbaar.
Het n positiewe uitkyk op die lewe (alhoewel realisties), geniet die natuur en om staproetes te stap, kweek plante as n stokperdjie ens.
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot