
Diegene wat op soek is na ’n besproeiings-en-weidingsplaas, kan ’n pragtige een op ’n publieke veiling bekom. Die grond is 2 035 ha groot en in Thembisile, Mpumalanga, geleë. Hierdie streek is tradisioneel bekend as ’n sterk besproeiings- en droëlandboerderystreek. Oppervlakwater word verskaf deur die Wilgerivier.
Die plaas, wat in likwidasie is, kan bereik word met die R25 vanaf Bronkhorstspruit en die R544 in die rigting van Emalahleni. Die fisieke adres is Waterval 230 JS en Klipfontein 256 JS en die plaas bestaan uit die restant van Waterval (gedeelte 0, 7 en 10), sowel as gedeelte 20 van Klipfontein.
Dié gedeeltes lyk soos volg:
Gedeelte 0:
- Grootte: ± 1 790 ha
- Besproeiingsregte vir 120 ha
- Bestaande uit 120 ha onder besproeiing, 117 ha droëlande, 264 ha ou lande, 43 ha weidingsgewasse, 1 245 ha weiding.
Gedeelte 7:
- Grootte: ± 21 ha
- Geen besproeiingsregte
- Bestaande uit 21 ha bosveldweiding
Gedeelte 10:
- Grootte: ± 117 ha
- Besproeiingsregte vir 62 ha
- Bestaande uit 32 ha onder besproeiing, 13 ha besproeibare grond (geen toerusting), 4 ha droëlande, 71 ha weiding
Gedeelte 20:
- Grootte: ± 107 ha
- Besproeiingsregte vir 90 ha
- Bestaande uit 77 ha onder besproeiing, 12 ha besproeibare grond (geen toerusting), 4 ha droëlande, 13 ha weiding
Op die grond is die volgende:
Hoofwoning:
- Vier slaapkamers
- Twee badkamers
- Sit-/eetkamer
- Kombuis
Tweede woning:
- Vyf slaapkamers
- Kombuis
- Twee buitekamers
Derde woning:
- Drie slaapkamers
- Twee badkamers
- Sit/eetkamer
- Kombuis
- Motorafdak vir een voertuig
Plaasgeboue:
- Struktuur, ± 400 m²
- Halftoegemaakte staalstruktuur, ± 600 m²
- Staalskuur met twee afdakke en 10 werkerskamers
- Staalstruktuur, ± 1 000 m²
Die eiendom word tender sluit op Donderdag 19 Mei om 11:00 opgeveil. Om die eiendom te besigtig, bel Werner Rynners by 082 578 5324 of stuur ’n e-pos aan info@ryncor.com om ’n afspraak te maak.