
Die belangrikste voordele van sulke maatreëls sluit in ’n lae risiko dat weerstand teen plaagbeheermiddels opgebou word, die afwesigheid van giftigheid vir gewerwelde diere en voordele vir grondorganismes en die omgewing. Namate klimaatsverandering voortduur, sal gevalle van uiterste omgewingstoestande (droogte, hoë temperature en soutgehalte) meer gereeld voorkom.
Flavonoïede kan gebruik word as ’n omgewingsvriendelike biostimulerende en volhoubare benadering tot die versagting van abiotiese en biotiese spanning en om die groei en ontwikkeling van plante te optimaliseer.
Flavonoïede in plantgroei en -ontwikkeling
Flavonoïede is sekondêre metaboliete van plante en is deels verantwoordelik vir die helder kleure van blomme en vrugte. Meer as 9 000 voordelige flavonoïede is al in verskillende plante gevind. Die belangrikste subgroepe van flavonoïede is flavonole, flavones, flavanones, flavanonols, flavanols, antosianiene, iso-flavonoïede en chalcones.
Flavonoïede kan binne en tussen plantselle en weefsels vervoer word, wat hierdie verbindings ideaal maak vir blaartoedienings. Flavonoïede word ook dikwels opgebou en vrygestel in wortelpunte en kan dus die groei van plante beïnvloed deur grondinteraksies te bevorder.
Dit sluit in om versoenbare mikro-organismes wat in die risosfeer voorkom aan te trek, mikorisale groei te bevorder, makro- en mikro-voedingstofoplosbaarheid te verhoog en wortelbakterieë af te weer. Sommige flavonoïede klasse dien ook as kleurpigmente, wat spesifieke kleure in blare en blomblare produseer en plante help om bestuiwers te lok, sodat ’n sterk vrugset en optimale opbrengste verseker kan word.
Flavonoïede in plantweerstand teen abiotiese en biotiese spanning
Plante word blootgestel aan baie ongunstige omgewingstoestande en lewende organismes wat die plant-homeostase, -fisiologie en -groei beïnvloed.
Ultraviolet-strale as gevolg van blootstelling aan die son kan metaboliese ontwrigting by plante veroorsaak deur fotosintese, styselkonsentrasie en transpirasie te verminder en sellulêre skade te bevorder. Dit kan verdedigingsmeganismes teen siektes verminder en die proses van seldeling beïnvloed, wat die algehele groei van die plant belemmer.
Flavonoïede absorbeer UV-straling en neutraliseer die reaktiewe oksidatiewe spesies wat deur fotochemiese reaksies veroorsaak word. Flavonoïede speel ook ’n belangrike rol as antioksidante tydens sout- en droogtestres, aangesien die ophoping van flavonoïede styg wanneer plante onder omgewingstres ly.
Een van die verdedigingstrategieë wat deur plante aangeneem word in reaksie op indringerplae en -bakterieë is die vorming, ophoping en afskeiding van fito-aleksiene. Fito-aleksiene is chemikalieë wat deur plante vrygestel word in reaksie op plae en bakterieë om siektes en siekteveroorsakende agente af te weer.
Daar is gevind dat sekere flavonoïede sterk fito-aleksiene teen bakterieë, swamme en aalwurms is en as insekweermiddels kan dien. Die sintese van hierdie antibiotiese sekondêre metaboliete in plante is vanweë infeksie wat veroorsaak word deur bakterieë. Dit kan ook veroorsaak word deur voedende insekte.
Blaartoediening van flavonoïede
Nutrico SA het ’n reeks flavonoïde-gebaseerde produkte ontwikkel wat die multifunksionele voordele van blaarvoedings en biostimulante bevat, pasgemaak vir jou spesifieke toepassing. Kontak jou opgeleide landboukundige vir meer inligting oor hoe jy flavonoïede kan gebruik vir optimale opbrengste.
Besoek ook die webwerf by www.nutrico.co.za of kontak Nutrico SA by 011 392 4072.