
Hierdie kompakte werktuie met verstelbare werkwydte is ideaal vir gewas-intensiewe gebiede, aangesien verwyderbare gewasbeskermingsplate die nabye rye beskerm. Die werktuie is sterk, maklik om te hanteer en maklik om te vervoer.
STIHL-produkte is van hoogstaande gehalte en landwyd beskikbaar by gespesialiseerde handelaars, wat kundige advies en uitstekende naverkopediens bied.
Die voorbereiding van grond vir aanplanting is rugbreekwerk sonder die regte gereedskap. STIHL het die MH 610- en MH 710-tandwerktuie spesifiek vir kleinboere bekend gestel om die werk te vergemaklik. Dit is veral nuttig as die werkoppervlakte te klein is vir die beskikbare trekker.
Hierdie petrolaangedrewe modelle het die werkswyse van klein- en bestaansboere verander. Dit bespaar tyd en maak dit soveel makliker om die grond gereed te maak vir plant. Boere kan dan enigiets plant van blomme en brandrissies tot aartappels en boontjies, want die werktuie is so beweeglik dat verskillende gewasse langs mekaar geplant kan word.
Die werktuig sal nie ander gewasse beskadig terwyl dit ploeg nie, selfs al kom van die plante al op. Die werktuig se verwyderbare gewasbeskermingsplate verseker dat naburige plante nie beskadig word nie.
Die MH 610 het ’n 80 cm-bewerkingswydte, terwyl die MH 710 ’n kragtiger enjin en ’n 100 cm-werkwydte het. Dit kan egter enige tyd verander word deur die lemme van die verdeelbare skoffelstel aan te pas, wat baie nuttig is vir werk in smal ry-spasiërings.
Soos altyd met STIHL is dit ’n plesier om met hierdie werktuie te werk. Die kontroles is maklik bereikbaar vanaf die handvatsel, en die laterale verstelstuur beteken dat die operateur nie oor die bewerkte grond agter die werktuig hoef te loop nie. Die hoogte van die handvatsel kan vir verskillende gebruikers verstel word.
Daar is ook ’n drahandvatsel om die werktuig op te lig en te laai wanneer dit tussen lande verskuif word of om dit in die skuur op te berg, wat danksy verwisselbare wiele vereenvoudig word. Die opvoubare vervoerwiel aan die voorkant kan opgelig word tydens grondbewerking.
Die MH 610 en die MH 710 het albei indrukwekkende stabiliteit en ’n ligte stuuraksie, wat beteken dat die hantering geskik is vir vroueboere. Die enjin is ontwerp vir hoëprestasiebewerking, met twee ratte vorentoe en ’n trurat.
Die eerste rat word gebruik vir swaarder, stadiger werk, terwyl die tweede rat gebruik word om in ’n onlangs bewerkte area te werk en ’n brosser saadbedding te skep, wat sorg vir ’n krummelrige tekstuur vir gesonde wortelgroei en goed gevormde wortelgroente soos aartappels en wortels. Die remspoor word gebruik om die diepte aan te pas wat die lem die grond binnedring, terwyl die swaaispoor van 180° vir bewerking in smal gangetjies en om draaie sorg.
STIHL kyk nie net na die operateur nie, maar ook dat sy werktuie, hoewel dit taai toerusting is, versorg word, want hy weet dat boerdery moeilike werk is. Daar is ’n beskerming vir die ratkas en ’n natoliefilter vir verbeterde lugfiltrasie in stowwerige toestande.
Boere kan hulself beroep op STIHL en sy kompakte MH 610- en 710-tandwerktuie om die werk soveel vinniger gedoen te kry.