AFGRI
BEAN
02 Jun
-
8499
-73,00
CORN
02 Jun
-
4527
-150,00
SOYA
02 Jun
-
7800
-74,00
SUNS
02 Jun
-
8300
38,00
WEAT
02 Jun
-
6320
-53,00
WMAZ
02 Jun
-
3698
-15,00
YMAZ
02 Jun
-
3814
-38,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Doeltreffende bekamping van taai onkruide in mielies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Die onkruiddoder Yamato® 480 SC van Philagro is ’n bewese troefkaart in die stryd teen hardnekkige onkruid in mielielande.

Taai en weerstandbiedende gras- en breëblaaronkruide kan mielieopbrengste ‘n knou gee, maar dit is waar Yamato® sy staal toon. Met sy unieke chemie bied dié produk doeltreffende bekamping van ‘n verskeidenheid onkruidsoorte in talle grondtipes, met aanpasbare voor- en ná-opkomstoedieningsopsies.

Weerstandbiedende gras- en breëblaaronkruidsoorte bly ‘n probleem vir mielieboere in hulle soeke na doeltreffende bekamping van onkruidmededinging in mielielande. Plaaslike navorsingsproewe het getoon dat Yamato® veilige gewasbeskerming bied en hoogs aanpasbaar toegedien kan word na gelang van elke boer se spesifieke behoeftes.

Die toename in weerstandbiedende onkruidsoorte het die afgelope paar seisoene aansienlike verliese by verskillende gewasse veroorsaak. Die aanpasbaarheid van taai en weerstandbiedende onkruidsoorte in verskeie produksiegebiede laat ‘n groot hoeveelheid sade agter wat uiteraard 'n impak op die volgende seisoen sal hê.

Unieke chemie

Vanuit ‘n tegniese perspektief inhibeer piroksasulfoon onkruid vroeg in die ontkiemingsproses. Dit word hoofsaaklik deur die hipokotiel en koleoptiel opgeneem en tweedens deur die wortels van die onkruidsaailinge.

Verskeie plaaslik-beproefde kombinasies met ander geregistreerde middels bied Suid-Afrikaanse mielieboere nou bewese opsies vir veilige, langwerkende onkruidbekamping. Boonop het Yamato®, aangedryf deur AZEEV Technology, talle uitnemende voordele. Die produk is onder meer geskik vir bykans alle grondtipes, ongeag die klei-inhoud, en is veilig om voor en selfs ná-opkoms by mielies toe te dien.

Yamato® gebruik 10 tot 20 keer minder aktiewe bestanddeel as ander soortgelyke, vergelykbare produkte (byvoorbeeld, 1 liter geformuleerde produk kan 5-10 hektaar behandel).

Boonop loog Yamato® min uit en die produk bly langer in die boonste laag van die grond waar gras en breëblaaronkruid gewoonlik. Sodoende word beduidend langer nawerking bestellig. Dit alles lei tot bykomende voordele en besparings in opbergplek, vervoer en ander koste.

Betroubare gewasveiligheid

Uitgebreide proewe in Suid-Afrika en verskeie ander lande toon dat Yamato®-tenkmengsels en spruitprogramme met Yamato® wat volgens etiket-aanbevelings gekombineer word, uiters betroubaar is wat gewasveiligheid aanbetref.

Weens die uiteenlopende groeitoestande in die verskillende streke van Suid-Afrika en die voorkoms van diverse gras- en breëblaaronkruidsoorte en kombinasies daarvan, beveel Philagro se tegniese personeel tans altesaam 14 moontlike produkkonsepte met Yamato® as die ankerproduk aan. Die kombinasies is spesifiek ontwikkel vir streke met verskillende klimaattoestande en sones, met spesifieke weerstandbiedende en moeilik beheerbare onkruidsoorte in gedagte.

Yamato® se breëspektrumbeheer bied boere ‘n bewese metode om hardnekkige onkruid te bekamp. Skoon lande dra uiteraard altyd by tot gesonde gewasse en groter opbrengste.

Yamato® is beskikbaar deur Philagro se landwye handelaarsnetwerk, AECI Plant Health en Laeveld Agrochem (LAC). 

Bennie Buys is produkbestuurder: Onkruiddoders Philagro SA

Navrae:
Web: www.philagro.co.za; Bennie Buys: 082 809 5447.

Yamato® 480 SC (Reg. nr. L10746, Wet nr. 36 van 1947) bevat piroksasulfoon, skadelik. Yamato® is die geregistreerde handelsmerk van Kumiai Chemical Industry Co., Ltd, Japan.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.29
+1.2%
Rand - Euro
20.89
+1.1%
Rand - Aus dollar
12.89
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+1.4%
Platinum
1,002.06
-1.4%
Palladium
1,417.56
+1.3%
Goud
1,948.55
-1.5%
Silwer
23.62
-1.1%
Brent-ruolie
74.28
+2.3%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vryheid en die buite Lewe
Lig van hart vol lewe ! geniet strand, see, buitelig en kamp. Lewe vry sonder komplikasies 🦅👁️ Nie baie nodig om gelukig te wees 😉
Just a small town girl, living in a lonely world
OK so let's jump this wagon and see where it's going. I absolutely love sport and am the happiest when I'm outside making myself tired. I'm in the gym 5 days...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot