
Een van die sleutelelemente tydens bemesting is om die verskil tussen druiwekultivars in ag te neem. Die hoeveelheid kunsmis wat toegedien word en die tydsberekening daarvan verskil tussen tafel-, wyn- en rosyntjiedruiwe.
By wynmaak is kalium noodsaaklik vir die verkryging van mos van ’n goeie gehalte. Die beskikbaarheid van kalium is die belangrikste uit die oogpunt van vrugvorming en regdeur die rypwordingsproses. By tafeldruiwe is opbrengs, grootte, smaak en voorkoms die hoofproduksiedoelwitte. Tafeldruiwe het tipies hoër kaliumvereistes as wyndruiwe.
Beskikbaarheid is die belangrikste van die blom- tot die rypwordingstadium. Wat rosyne betref, moet die produksiedoelwitte tydens bemesting in ag geneem word. Tydens die rypwording van rosyne neem die behoefte aan kalium aansienlik toe as gevolg van die beweging van groot hoeveelhede kalium van die blare na die korrels.
In die algemeen is kalium bepalend vir gewaskrag, -gehalte en -opbrengs. Swael is sterk gekoppel aan die smaak en aroma van tafel- en wyndruiwe. Kalsium is belangrik vir wortelontwikkeling en vrugteproduksie van goeie gehalte. KTS® (kaliumtiosulfaat) en CaTs® (kalsiumtiosulfaat) is twee unieke produkte in Tessenderlo Kerley se reeks helder vloeibare-tiosulfaatkunsmis. Albei produkte bevat ook tiosulfaatswael, is chloriedvry en bevat geen stikstof nie.
Hulle is ideaal vir grondbemesting en kan ook as blaarbespuiting op wingerdstokke gebruik word. Die gewasse se volle kaliumbehoefte kan voorsien word deur KTS® met SoluPotasse® en K-leaf® te kombineer.
SoluPotasse® is ’n wateroplosbare kaliumsulfaatproduk wat spesifiek vir grondbemesting ontwikkel is. K-leaf® is ’n vinnige, hoogs oplosbare kaliumversterkerproduk wat spesifiek vir blaartoediening geskik is.