AFGRI
BEAN
09 Jun
-
8524
64,00
CORN
09 Jun
-
4000
13,00
SOYA
09 Jun
-
7752
89,00
SUNS
09 Jun
-
8625
-29,00
WEAT
09 Jun
-
6305
-1,00
WMAZ
09 Jun
-
3605,60
48,60
YMAZ
09 Jun
-
3859,4
11,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Geharde skaap landwyd gewild

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Meatmaster-skaap word geteel vir vleisproduksie sonder ’n vetstert. Dit is egter sy gehardheid en aanpasbaarheid wat hom gewild maak onder telers. FOTO: VERSKAF
Die Meatmaster-skaap word geteel vir vleisproduksie sonder ’n vetstert. Dit is egter sy gehardheid en aanpasbaarheid wat hom gewild maak onder telers. FOTO: VERSKAF
Die Meatmaster-skaapras se gehardheid en vermoë om in ongunstige omstandighede te presteer maak hom ’n gunsteling onder telers.

Om met beperkte uitgawes sy kudde te kan uitbrei, die maksimum opbrengs per hektaar te kry en daardeur die boer se winsgewendheid te verbeter, is die hoofrede waarom die Meatmaster-skaapras so sterk verteenwoordig word reg oor Suid-Afrika en ook in die res van Afrika.

Hierdie skaapras word geteel vir vleisproduksie sonder ’n vetstert. Dit is egter sy aanpasbaarheid en vermoë om goed te produseer in uiters ongunstige omstandighede wat hom baie gou gewild en aanvaarbaar in die kleinveebedryf gemaak het.

Die Meatmaster-skaaptelersgenootskap is op 4 Februarie 2005 op Brandfort in die Vrystaat gestig. Op 25 Mei 2007 is die Meatmaster amptelik in die Staatskoerant verklaar as ’n plaaslik aangepaste skaapras. Vandag het hierdie telersgenootskap 226 lede landwyd.

’n Deel van die Meatmaster-telersgenootskap se plan om die ras se gewildheid uit te brei was die stigting van nasionale klubs. Hierdie klubs tree onafhanklik, maar binne die raamwerk van die genootskap op.

meatmaster,skaap
Die Meatmaster-skaap vereis min uitgawes deur boer en lewer maksimum opbrengs wat die winsgewendheid van die boerdery verhoog. FOTO: VERSKAF

“Dit verseker dat ons al die telers, boere en belanghebbende partye op grondvlak bereik en sodoende kennis oor die ras in daardie gebiede versprei,” sê Charles Freeme, president van die Meatmaster-skaaptelersgenootskap. “Die uiteenlopende topografie van Suid-Afrika maak dit nodig vir elke klub om die spesifieke kriteria en boermetodiek te volg wat uniek is aan elke klub. Die groei en aanvaarding van die klubs is ongelooflik. Een sterk klub in Gauteng het byvoorbeeld uitgebrei na vier klubs toe.”

Die genootskap ondersteun die klubs op alle vlakke – van veilings en boeredae tot uitstallings en opleidingskursusse.

“Om die klubs te bemagtig en verantwoordbaarheid te gee, bevorder groei en aanvaarding in elke streek. Die beloning wat ons in ruil daarvoor ontvang, is fantasties.”

Hoewel Meatmasters in die verlede na buurlande soos Namibië en Botswana uitgevoer is, is daar tans weens bek-en-klouseer ’n verbod daarop geplaas.

“Dit het ’n groot impak op ons telers gehad omdat ons goed gevestigde genootskappe in daardie lande het,” sê Freeme. “Ons het ook deur private telers na die wêreldmark uitgevoer. Die genootskap is tans in gesprek met lande elders in Afrika en die Midde-Ooste oor die uitvoer van Meatmaster-skape vir gebruik in hul teelprogramme.”

meatmaster,skaap
Daar is ongelooflike goeie groei in die gewildheid van die Meatmaster-skaapras en word daar in die meeste streke van Suid-Afrika daarmee geboer. FOTO: VERSKAF

Die Meatmaster-telersgenootskap het talle mylpale in 2022 bereik, waarvan een die talle Elite-toekennings van SA Stamboek is wat sy telers verower het. “Dit is ’n bewys dat ons telers ’n passie het om topteelmateriaal teen verantwoordbare waardes aan die bedryf te lewer,” sê Freeme.

Hy noem ook as ’n hoogtepunt van die jaar die ras se uitsonderlike groei in die kleinveebedryf, veral op kommersiële vlak is die Meatmaster reg oor Suid-Afrika versprei.

“Ons ramme word in kruisteelprogramme gebruik en lewer uitstekende resultate wat daartoe lei dat daardie boere in Meatmaster-teelmateriaal belê.”

As deel van die genootskap se strategie vir 2023 om die ras landwyd te bemark, beoog hy ’n sterk teenwoordigheid op die Nampo-oesdag en Nampo Alfa. Daar is ook vanjaar heelwat veilings, waarvan die datums op die webblad beskikbaar is. Die hoogtepunt op die kalender is die genootskap se jaarvergadering en nasionale veiling wat op 10 Augustus om 11:00 in Bloemfontein plaasvind.

meatmaster,skaap
Navrae:
Meatmaster-skaaptelersgenootskap web, www.meatmastersa.co.za
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.75
+0.5%
Rand - Pond
23.54
+0.6%
Rand - Euro
20.18
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.58
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.0%
Platinum
1,007.97
-0.2%
Palladium
1,346.11
-1.1%
Goud
1,964.33
-0.1%
Silwer
24.35
+0.3%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,617
-0.1%
Alle aandele
76,979
-0.1%
Hulpbronne 10
68,445
-1.1%
Industriële 25
102,945
-0.5%
Finansiële 15
15,900
+2.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Sagte hart wil pasmaat vind
Ek was 42 jaar in wetstoepassing n speurder spesifiek. My huwelik het verbrokkel op my aftrede dag. Ek is eerlik ek is ssmaggeaard luef vir rwis en die buite lewe. Sal vir die...
Wêreldreisiger soek eersteklas metgesel
Ek is n plat op aarde meisie , baie sportief , ek is n familie mens. Ek is n baie sportiewe meisie , speel tans nog hokkie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot