AFGRI
BEAN
28 Okt
-
6880
102,00
CORN
28 Okt
-
3392,8
103,80
SOYA
28 Okt
-
7250
54,00
SUNS
28 Okt
-
10592
0,00
WEAT
28 Okt
-
5833
33,00
WMAZ
28 Okt
-
3329,8
58,80
YMAZ
28 Okt
-
3400
55,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Gesonde boerderypraktyke goed vir grond én sak

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Hannes Botha plant dekgewasse in rotasie met kontantgewasse. Vee benut die dekgewasse, of dit word gerol om as bedekking vir die opvolgende gewas te dien. Foto: Barenbrug
Mnr. Hannes Botha plant dekgewasse in rotasie met kontantgewasse. Vee benut die dekgewasse, of dit word gerol om as bedekking vir die opvolgende gewas te dien. Foto: Barenbrug
Om grondgesondheid te verbeter het hierdie boer van Mpumalanga besluit om ’n paar veranderinge aan sy boerderypraktyke te maak.

Sedert mnr. Han­nes Botha van die distrik Carolina in Mpumalanga ’n paar jaar gelede sy boerderypraktyke heeltemal verander het deur dekgewas­se in rotasie, asook tussen sy kontantgewasse te plant, het sy boerdery daarby baat gevind. Met dié praktyke word grond­gesondheid verbeter en grond­struktuur opgebou.

Dit help ook die veekomponent van skape en beeste – getalle vermeerder en winsgewendheid verhoog.  Sy boerdery is in ’n koel ge­bied met nat somers en lang, koue winters. Mielies en soja­bone word tradisioneel as kontantgewasse verbou. Vee loop in die somer op groen suurveldwei­ding en in die winter op oesreste.  

Deesdae word byna alle lande gedurende ’n seisoen met ’n dekgewas beplant. Chemiese middels en sintetiese kunsmis word tot op die been gesny. Dekgewasse word gebruik om onkruid te onderdruk tussen kontantgewasrotasies, en kompostee word gebruik as entstof en om die grond te voed.  Botha beskryf die kompostee as die hartklop van sy boerdery.

Dit word met baie vernuf en kundigheid self op die plaas ver­vaardig en die gehalte daarvan word deurentyd gemonitor. Dit word van saadbehandeling, toe­diening   in die voor tot blaarvoe­ding op al die gewasse gebruik. Hy plant metgesel-dekgewas­se tussen die mielies aan – dit bedek die grond, bewaar vog, verbeter waterindringing en lei tot worteldiversiteit in die grond.

Dit voed die mikro-organismes en verbeter die grondstruktuur, wat verdigting help voorkom. Botha glo nie hy sou sukses­vol met geenbewerkingspraktyke op hul sandgrond kon boer sonder die aanplant van dekge­wasse nie. Baie klem word gelê op diversiteit van spesies in die dekgewasmengsels wat saam met die mielies groei. Dit word ook in die herfs tussen die soja­bone geplant wanneer dit begin afdroog terwyl daar nog vog in die grond beskikbaar is.  

Dié metgesel-gewasse bied goeie weiding in kombinasie met die oesreste gedurende die winter. Speenkalwers word met groot sukses hierop uitgegroei.  Ultrahoëdrukbeweidingspraktyke word op die hele plaas toegepas, en dit werk soos ’n bom met die dekgewasse. Inna­me, gehalte en verteerbaarheid is goed – groei van gemiddeld 1,5 kg per dier per dag is verlede seisoen aangeteken.

Dit was met geen byvoeding en basies geen chemiese bemesting op enige van die gewasse nie. Uiteraard is dit ’n goeie som om te maak. Dit lewer ’n tweede oes vir die jaar op dieselfde land, en in die proses word die grond verbeter. Dekgewasse word ook in rotasie met kontantgewasse aangeplant.

Dit word deur die vee benut of gerol om as bedekking vir die opvolgende gewas te dien. Monokulture word meestal gebruik om die rol-aksie te vergemaklik en om ’n spesifieke doel te bereik, soos onkruidonderdrukking, stikstofbinding, grondverbetering, veselproduksie en proteïenaanvulling.

Weiwieke, serradella en voerrog is van die gewasse wat Botha hiervoor aanplant. Meerjarige weidingsmengsels word op lande geplant waar daar nie binnekort weer kontantgewasse aangeplant gaan word nie. Dit bied weidingsopsies vir tye wanneer Botha andersins nie weiding van goeie gehalte vir ooie met lammers sou hê nie.

Diversiteit is ook die sleutel – “nuwe” gewasse soos sigorei en plantain werk goed. Binne die eerste seisoen van dekgewasse het Botha besef kortpaaie gaan nie werk nie. Hy het spesialistoerusting gekoop om die dekgewasse suksesvol oor die boerdery te kan vestig. Hy neem die vestiging en bestuur van sy dekgewasse net so ernstig op soos kontantgewasse. Met elke besluit op hierdie plaas word grondgesondheid in ag geneem.

“Daarom is daar ’n duidelike beweging in die regte rigting en is ons opgewonde oor wat die toekoms inhou.”

Mnr. Freddie Steyn is ’n Barenbrug-agent.

Navrae: barenbrug.co.zainfo@barenbrugsa.co.za, 087 808 2652.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.06
-0.0%
Rand - Pond
20.68
-0.3%
Rand - Euro
17.47
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,802.52
+0.3%
Silwer
24.06
+0.0%
Palladium
1,994.40
+1.4%
Platinum
1,021.00
+0.9%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
+0.5%
Alle aandele
67,475
+0.5%
Hulpbronne 10
63,082
+1.3%
Industriële 25
87,253
+0.4%
Finansiële 15
14,054
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net n bietjie liefde is al wat ek vra.
Enige iemand kan mooi woordjies skryf, maar dade spreek meer as woorde. Dit is nie maklik in ons huidige omstandighede om iemand te ontmoet nie. Die lewe is te kort en ek het...
Kom ons skryf ons eie romantiese roman
Ek hou van die buite lewe riverrafting Lees Dans kuier kamp en net rustig verkeer Vakansie by die see. Mooi aantrek stylvol netjies
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot