AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Gevestigde ras het oog ferm op die toekoms

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Boran is nie ’n sintetiese of saamgestelde ras wat in die afgelope paar dekades ontwikkel is nie. Dit word al 1 300 jaar raseg geteel. FOTO: THEUNS BOTHA
Die Boran is nie ’n sintetiese of saamgestelde ras wat in die afgelope paar dekades ontwikkel is nie. Dit word al 1 300 jaar raseg geteel. FOTO: THEUNS BOTHA
Die Boran is baie gehard en aangepas by ekstreme omgewings. Dit maak hom ideaal vir die Suid-Afrikaanse omgewing.

Vir die Boran-beestelersgenootskap sal dit groot vreugde verskaf as sy telers en hul nageslagte oor 20 jaar steeds presteer. As deel van hierdie visie vir die toekoms het die genootskap in 2022 vir prestasiemeting met raadgewers van Intalec Beef hande gevat. Deur middel van individuele plaasontledings en studiegroepe sal Intalec Beef data versamel en ontleed met die doel om die volhoubaarheid van die Boran-telersgenootskap se lede in die bedryf te verseker.

Die Boran-beestelersgenootskap is al sedert 17 Mei 2003 by SA Stamboek geregistreer. Vir die genootskap lê die waarde van diereaantekening by die Stamboek daarin om objektiewe produksie-inligting en teelwaardes te ontvang sodat die beste diere geïdentifiseer en geselekteer kan word. Danksy hierdie inligting word die biologiese en ekonomiese doeltreffendheid van die ras bevorder.

Deur na die belange van sy lede om te sien en die volhoubaarheid van sy telers eerste te stel het die Boran-beestelersgenootskap dit reg gekry om heelwat prestasies op sy kerfstok te kry. Van dié prestasies sluit in die LNR se Nasionale Kudde van die Jaar vir 2022 en SA Stamboek en Landbouweekblad se Elitekoei-toekenning vir 2021; wat SA Stamboek se Elite-toekennings betref, dubbelgoud vir Bloodline Borane en DD Brooks, en 18 telers wat goud, silwer, en brons verwerf het; en die wenner van die enkelkarkas- en beste groep van vier karkas-afdeling by Alfa 2021, met Jabea Boran as raswenner.

Boran
Boran-koeie is vrugbaar, langlewend en is goeie moeders met ’n sterk tropinstik om hul kalwers die beste kans op oorlewing te gee. FOTO: LOUW PRETORIUS
Boran
Ultrasoniese karkasmetings by bulle in groeitoetse toon dat die Boran goed vaar met onderhuidse kruisvetdikte, wat bekend is as ’n opgaarplek vir vet. Vet is ’n belangrike energiebron vir beeste wat in strawwe toestande op die veld moet oorleef. FOTO: THEUNS BOTHA
Boran
Die Boran-beesras oorleef goed in Suid-Afrika se diverse klimaat en presteer selfs tydens periodieke droogtes sonder menslike ingryping.
boran logo

Die Boran-ras

Die Suid-Afrikaanse Boran-beestelersgenootskap is gestig uit ’n behoefte deur kommersiële boere wat moeg was vir diere wat te veel gevoer en bestuur word. Hulle het gesoek na ’n dier wat op weiding uitstekend presteer. Dit moes in Suid-Afrika se diverse klimaat oorleef en goed presteer tydens periodieke droogtes sonder menslike ingryping.

Wat toe in Suid-Afrika beskikbaar was, was twee uiterstes: aan die een kant was die perfekte karkasdier, maar dit het gekom met hoë onderhoud en uitgawes, en aan die ander kant die inheemse rasse wat weens abattoirboetes laer inkomste gelewer het en net nie aan markstandaarde voldoen het nie. Daar was niks tussenin nie. Die Boran het dié gaping gevul met ’n aanvaarbare karkas vir die mark met lae tot geen insetkoste en dus ’n hoër inkomste.

Die Boran is nie ’n sintetiese of saamgestelde ras wat in die afgelope paar dekades ontwikkel is nie. Dit word al 1 300 jaar raseg geteel. Dit het ontstaan uit die Bos indicus-beeste wat saam met Arabiese invallers na Oos-Afrika gekom het. Dis genoem na die Borana-plato in Suid-Ethiopië. Borana is ’n hooggeleë gebied met strawwe klimaatstoestande en voortslepende droogtes. Die ras is dus baie gehard en aangepas by ekstreme omgewings.

Die Keniaanse Boran-beestelersgenootskap is reeds in die vroeë 1900’s gestig om die ras te beskerm en te verbeter. Die Boran-beestelersgenootskap van Suid-Afrika is op 17 Mei 2003 gestig. Volgens die DNS-ontledings deur prof. Olivier Hanotte van Brittanje is die ras se samestelling tans 64% Bos indicus, 24% Europese Bos taurus en 12% Afrika Bos taurus.

Daar is tans meer as 35 000 Boran-stoetbeeste in net meer as 200 kuddes op SA Stamboek se Logix-databasis (September 2022). Die vyf grootste kuddes het meer as 900 diere elk, met die grootste kudde meer as 2 000 diere.

Stoetkuddes is versprei oor ál nege provinsies van Suid-Afrika, met die meeste kuddes en diere in die Vrystaat, Limpopo en Mpumalanga. Daar is ook kuddes in Eswatini, Zambië, Namibië en Botswana wat by die Suid-Afrikaanse Boran-beestelersgenootskap ingeskryf is.

Die Boran se nasionale veiling vind op 15 Julie op Parys plaas. Skakel die telersgenootskap se kantoor by 051 410 0951 vir nog inligting hieroor.

Navrae:
Boran-telersgenootskap, web: www.boran.org.za
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.28
+1.2%
Rand - Pond
23.97
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.75
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+1.0%
Platinum
1,029.86
+2.5%
Palladium
1,413.35
-1.6%
Goud
1,961.54
+0.7%
Silwer
23.58
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom kyk saam met my die sonsondergang oor die see.
Ek dink nie ek is n slegte ou nie en kan n goeie vriend wees aan iemand. Ek hou nie van valse mense nie. Wanneer my kop bietjie besoedel is spring ek op my motorfiets en dit...
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot