AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Groei en voeromsetting maak ras ’n voerkraalgunsteling

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Suid-Afrikaanse Charolais slaag die vleistoets met vlieënde vaandels. FOTO: ANDRÉ PRETORIUS
Die Suid-Afrikaanse Charolais slaag die vleistoets met vlieënde vaandels. FOTO: ANDRÉ PRETORIUS
Die rasstandaarde van die Charolais-bees word voortdurend geëvalueer om te verseker dit voorsien aan die mark se behoeftes.

“Die groot hoeveelheid verklaarde beesrasse in Suid-Afrika, saam met die rasse wat nie erken word nie, maak die Suid-Afrikaanse beesbedryf kompleks en mededingend. Daarom is dit vir ons uiters belangrik dat ons voortdurend die kenmerke wat ons ras bo die ander laat uitstaan, verbeter en versterk.” Só sê mnr. Freddie Wasserfall, president van die Suid-Afrikaanse Charolais-beestelersgenootskap.

Wasserfall, wat ook ’n senior inspekteur vir dié ras is, voeg by dat dit belangrik is om ’n produk te produseer wat gewild en in pas is met die Suid-Afrikaanse bemarkingstelsel. Daarom is produksiemeting verpligtend vir alle geregistreerde Charolais-beeste in Suid-Afrika. Geen dier sonder die nodige inligting word deur die genootskap opgeneem nie. In hierdie opsig speel SA Stamboek ’n groot rol vir die Charolais-beestelersgenootskap wat al sedert sy stigting in 1966 lid is.

Volgens Wasserfall is die voordele van Stamboek-lidmaatskap legio. “Die SA Stamboek-model is ontwikkel vir Suid-Afrikaanse omstandighede en toestande. Die organisasie is ook die enigste in Suid-Afrika wat geakkrediteer is, vir alle dienste wat aangebied word, by die internasionale komitee vir die rekordhouding van diere (ICAR). Dit verseker ’n hoë standaard van akkurate en volledige rekordhouding.”

Charolais
Omdat daar ’n groot klem op die bees se eienskappe geplaas word, word die rasstandaarde van die Charolais voortdurend geëvalueer om te verseker dit voorsien in die mark se behoeftes.

Dié rekordhouding gee Charolais-telers die nodige inligting om die beste dier onder sy omstandighede te teel.

“Stambome is die hoeksteen van stoetteling. Diere het bepaalde genetiese eienskappe wat binne families oorgedra word. As na ’n dier gekyk word (fenotipies), word ongeveer 15-20% van sy genetiese potensiaal gesien, die res is voeding. Neem dieselfde dier na verskillende dele van die land of gee dieselfde dier vir 10 telers en die eindresultaat sal elke keer verskil. ’n Dier sonder bewese inligting oor sy stamboom, vrugbaarheid en teelwaardes verteenwoordig dus 15% teelmateriaal en 85% sigwaarde, maar ten opsigte van sy nageslag is die effek 100% teelmateriaal en 0% voeding,” sê Wasserfall.

Bewese inligting oor teelwaardes is dus ’n onmisbare hulpmiddel as gebreke in ’n kudde aangepak moet word.

“Dit is noodsaaklik dat telers besef dat manlike eienskappe soos o.a. groei en voeromsetting in die eerste generasie oorgedra word, terwyl vroulike eienskappe soos melk en vrugbaarheid eers tydens die tweede generasie ’n invloed het.”

Eienskappe en geskiktheid

Omdat daar ’n groot klem op die bees se eienskappe geplaas word, word die rasstandaarde van die Charolais voortdurend geëvalueer om te verseker dit voorsien in die mark se behoeftes. Die Charolais is bekend om sy voortreflike groei en voeromsetting. Dit maak die ras uiters gesog by voerkrale. Die moderne Suid-Afrikaanse Charolais-koei is geskik en aangepas om op kommersiële vlak volhoubaar te produseer.

Charolais
Die Charolais-beesras is bekend om sy voortreflike groei en voeromsetting.

As daar ook na die gene-kubus gekyk word, lê die Charolais-ras heeltemal verwyderd van ander rasse. Dit verseker dat die invloed van basterkrag by kruisteling uitermatig hoog is.

Sy geskiedenis

Die Charolais het meer as 400 jaar gelede in Frankryk ontstaan waar die diere hoofsaaklik aangewend is as trekdiere, vandaar die voortreflike bespiering. Die eerste Charolais is in die 1950’s na Suid-Afrika ingevoer. Met streng invoerstandaarde ten opsigte van semen is verseker dat ’n Suid-Afrikaanse Charolais ontwikkel is wat aangepas is vir plaaslike toestande sonder om die raseienskappe in te boet.

Uit die staanspoor was die Charolais-telers voorlopers in die ontwikkeling van nuwe standaarde. Hulle was onder meer die eerste telers wat genomiese toetse gebruik het met die opgradeering van diere. Die Charolais was ook die eerste ras wat standaarde ten opsigte van semeninvoer gestel met die klem op geboortegemak, groei en melk. Sodoende is verseker dat net die beste teelmateriaal ingevoer is.

Die pad vorentoe

Om voort te bou op sy uitstekende teelmateriaal kyk die Charolais-beestelersgenootskap daarna om sy verwysingspopulaie op so ’n vlak te bring dat verrykte genomiese teelwaardes vir die ras bereken kan word.

koeie Charolais
Die moderne Suid-Afrikaanse Charolais-koei is geskik en aangepas om op kommersiële vlak volhoubaar te produseer.

Die genootskap het ’n vol program vir 2023. ’n Kursus vir nuwe telers word vir 19 April beoog waar hulle opgelei sal word in die kernaspekte soos vervat in die telersgenootskap se grondwet en rasstandaarde.

Op 4 Mei vind die Charolais se nasionale kampioenskap in Bloemfontein plaas. Die ras sal ook op die Nampo-oesdag, Nampo Alfa en Nampo Kaap verteenwoordig wees.

Die nasionale veiling van die Charolais-telersgenootskap word op Vrydag 18 Augustus op die Bloemfontein-skouterrein gehou.

Navrae:
Charolais-beestelersgenootskap, web: www.charolais.co.za; e-pos: june@stemma.co.za
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.28
+1.2%
Rand - Pond
23.97
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.76
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,029.47
+2.4%
Palladium
1,408.13
-1.9%
Goud
1,961.28
+0.7%
Silwer
23.57
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd is kosbaar.
Het n positiewe uitkyk op die lewe (alhoewel realisties), geniet die natuur en om staproetes te stap, kweek plante as n stokperdjie ens.
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot