AFGRI
BEAN
30 Nov
-
9338,8
40,80
CORN
30 Nov
-
4494
-26,00
SOYA
30 Nov
-
8960
59,00
SUNS
30 Nov
-
10930
44,00
WEAT
30 Nov
-
6780
-26,00
WMAZ
30 Nov
-
5131
-150,00
YMAZ
30 Nov
-
5000,2
-120,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Jacto sorg vir jongste innovasies in presisielandbou

akkreditasie
Jacto se Uniport 4530 met sy 36 m-balk wat dit moontlik maak om teen lae banddruk te werk en sodoende grondverdigting te verminder en gewasproduktiwiteit te verhoog. FOTO: VERSKAF
Jacto se Uniport 4530 met sy 36 m-balk wat dit moontlik maak om teen lae banddruk te werk en sodoende grondverdigting te verminder en gewasproduktiwiteit te verhoog. FOTO: VERSKAF
Jacto se selfaangedrewe spuite stel boere in staat om brandstof- en toedieningskoste van landbouchemikalieë, asook skade aan gewasse te verminder.

Volgens ’n skatting van die Verenigde Nasies gaan die wêreldbevolking teen 2050 sowat 9,7 miljard wees. Een van die groot kwessies van só ’n bevolkingsgroei is om al die mense te voed. Dit sal onder meer ’n toename in landbouproduktiwiteit verg. Presisielandbou is ’n belangrike instrument om hierdie doel te bereik.

Dit beteken dat ’n tegnologiese sprong gemaak moet word. Hierdie tipe landbou bestaan uit ’n reeks meganismes wat data gebruik om doeltreffender verbouing te bevorder. Die data word in die veld versamel. Sulke tegnologiese hulpmiddels laat omvattende bestuur van produksie toe.

Só word die gebruik van insette geoptimaliseer. Dit het twee voordele: ’n toename in winsgewendheid en ’n afname in die impak op die omgewing. Die oorgang na presisielandbou vind wêreldwyd ál vinniger plaas. ’n Opname deur die konsultasiefirma MarketsandMarkets het bevind dat daar in 2020 net in presisielandbou ’n beweging van $7 miljard (R96 miljard) was.

As dit teen die huidige tempo voortduur, sal die waarde teen 2025 met 82,8% groei. Dit kom neer op ’n bedrag van $12,8 miljard (R176,3 miljard). Die eerste groot golf van presisielandbou was in die 1990’s met die ontwikkeling van satellietmoniteringstegnologie, soos globale posisionering, wat dit moontlik gemaak het om produksiegebiede met behulp van geoliggingsinstrumente te karteer.

In die volgende dekades is verskillende soort sagteware geskep en die eerste masjiene wat aan die internet kon verbind, het verskyn. Meer onlangs het hommeltuie bygekom. Dié masjinerie kry jaarliks nuwe funksies by.

Spuittegnologie vorder ook

Tegnologiese innovasies is ook besig om spuittegnieke ingrypend te verander.

Deur die gebruik van tegnologie is dit nou moontlik om landbouchemikalieë aan te wend slegs waar dit nodig is. Dit maak die bespuitingsproses akkurater, wat besparings op insette en hoër opbrengste bied. Jacto, wat in 1948 deur ’n Japanse immigrant in Brasilië gestig is, het hom gevestig as een van die innoverendste ondernemings in die vervaardiging van landboumasjinerie ter wêreld en is in meer as 110 lande teenwoordig.

Met ’n sterk belegging in navorsing en ontwikkeling blink Jacto uit in die wedloop na wins deur die doeltreffendheid van bespuiting. Suid-Afrika is tans een van die belangrikste markte vir dié maatskappy se selfaangedrewe spuite. Jacto beoog om sy aandeel in die plaaslike mark in die volgende drie jaar te verdriedubbel.

Volgens mnr. Stephan Strydom, verkoopsbestuurder van Jacto in Suid-Afrika, is daar ’n groeiende vraag na doeltreffendheid in die plaaslike landbou.

“Ons wil die mees gesofistikeerde tegnologie ter wêreld na Suid-Afrikaanse boere bring. Daar is groot ruimte vir groter doeltreffendheid in die land, wat omgeskakel kan word na laer koste en groter winsmarges.”

Die outomatiese werking van die spuitpunt-tot-spuitpuntstelsel, wat in Jacto se Uniport 303 en Uniport 4530 voorkom, bied hoë spuitakkuraatheid en verminder die gebruik van landbouchemikalieë met 10%. Danksy die ontwikkeling in tegnologie is dit vandag moontlik om byvoorbeeld onkruiddoder teen volumes onder 30 liter per hektaar toe te dien, waar 200 liter/ha voorheen in dieselfde omgewing toegedien is.

Die maatskappy se selfaangedrewe spuite het ook ’n Unitrack-stuurstelsel, wat vinniger en presieser bewegings moontlik maak en met ’n 35% kleiner draairadius spog. Hierdie stelsel verminder gewasskade tydens bewegings met tot 40%. Die stelsel laat toe dat al vier wiele van die spuit kan omdraai, en dit skakel die uit- en ingaan by lande uit, wat die draaibewegingstyd aansienlik verminder.

Die Uniport 4530 is toegerus met ’n 36 m-balk wat dit moontlik maak om teen lae banddruk te werk. Dit verminder grondverdigting en verhoog gewasproduksie. Vergeleke met toerusting wat ’n 3 000 liter-tenk en 30 m-balke het, het die Uniport 4530 bedryfsdoeltreffendheid met tot 30% verhoog en vertrapping met tot 17% verminder.

Die OTMIS-stelsel (Jactopresisiestelsel) is nog ’n kragtige instrument om bedryfsproduktiwiteit te verbeter, koste te verminder, omgewingsimpak te minimaliseer en wins te maksimaliseer. Daarbenewens stuur dit die Uniport outomaties en help met bespuiting. Mislukkings en oorvleuelings word tot ’n minimum beperk en die operateur kan meer aandag aan ander toerusting se werking gee.

Jacto se selfaangedrewe spuite is aanvanklik vir ruwe terrein in Brasilië ontwerp. Dit is toegerus met intelligente hidrostatiese transmissie (4x4) en onafhanklike outomatiese traksiebeheer, wat beter traksie op verskillende soorte grond bied.

Met onafhanklike lugvering en ’n outomatiese hoogtereguleringsklep word die onderstel voortdurend gelyk met die grond gehou. Só bied dit groter stabiliteit van die spuitbalk en gevolglik bespuiting van hoër gehalte. 

NAVRAE: Jacto, Stephan Strydom, 072 598 2790, e-pos: stephan.strydom@jacto.com.br; web: jacto.com.br.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.93
+0.4%
Rand - Pond
20.33
-0.1%
Rand - Euro
17.56
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,762.14
+0.7%
Silwer
21.52
+1.2%
Palladium
1,884.00
+2.4%
Platinum
1,017.00
+1.1%
Brent-ruolie
83.03
-0.2%
Top-40
67,970
+1.7%
Alle aandele
74,244
+1.5%
Hulpbronne 10
72,737
+1.9%
Industriële 25
89,694
+1.9%
Finansiële 15
16,270
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot