AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8425,4
196,40
CORN
28 Jan
-
3858
75,00
SOYA
28 Jan
-
8297
142,00
SUNS
28 Jan
-
9742
5,00
WEAT
28 Jan
-
5985
20,00
WMAZ
28 Jan
-
3650
57,00
YMAZ
28 Jan
-
3785
37,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Kersboodskap aan Case se klante

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Jacques Taylor is die besturende direkteur van Case IH.
Mnr. Jacques Taylor is die besturende direkteur van Case IH.
Mnr. Jacques Taylor, besturende direkteur van Case IH, besin oor die afgelope jaar en wens al die maatskappy se klante ’n geseënde Kersfees toe.

Suid-Afrikaners kom graag bymekaar rondom ’n maaltyd, veral oor die Kerstyd. Namate die jaar einde toe staan en baie mense vir die Desembervakansie begin afskaal, is kleingraanprodusente hard besig om te stroop, terwyl somergraanprodusente volstoom voorberei vir die nuwe seisoen – dit alles om te verseker dat voedselsekerheid vir almal vir nog ’n seisoen ’n werklikheid is.

Ja, Kerstyd is beslis ’n tyd om te besin: terug te kyk op die jaar wat verby is, om die wêreld om ons te beskou, en om vooruit te kyk na dit wat net oor die horison wag.

“In dié tyd wil ek namens CNH Industrial/Case IH erkenning gee aan al ons produsente – veral vir hul volharding in die verantwoordelikheid om volhoubaar te produseer,” sê mnr. Jacques Taylor, besturende direkteur van Case IH. “Dis soms moeilik om te glo dat die covid-19-pandemie enige voordelige gevolge kan hê, maar die welwillende wisselwerking tussen belanghebbendes in die landbousektor het ons ongetwyfeld ten goede saamgesnoer. Ons sien sterker belyning reg oor die landbouwaardeketting, wat saamwerk om die sektor as geheel te verbeter.”

Dis werklik bemoedigend

Hoewel dit dalk na ’n clichéagtige stelling klink, kan Suid-Afrika eenvoudig nie sonder produktiewe boere voortbestaan nie. En boere is natuurlik ook die spil waarom Case IH se besigheid draai.

“Ons wil dus vir ons produsente spesiaal dankie sê vir hul lojale ondersteuning die afgelope jaar. Ons gaan in die nuwe jaar alles in ons vermoë doen om in elke aspek van ons besigheid te verbeter met die doel om ons boere beter te bedien en beter toe te rus vir hul belangrike roeping.”

Die maatskappy is baie tevrede met die prestasie van Case IH en sy werktuiebesigheid in Suider-Afrika. Verder sien Case IH merkbare vooruitgang met sy onderdeleverskaffingsdiens en knap vordering met CNH Capital se groothandel- en kleinhandel-finansieringsoplossings.

AFS Connect-trekkers in SA

Case IH het met trots vanjaar sy Magnum- en Steiger- Quadtrac AFS Connect-trekkers van wêreldgehalte in Suider-Afrika bekend gestel. Die kragtige nuwe modelle is met groot geesdrif deur die boeregemeenskap ontvang. Die gevorderde tegnologie en optimale konnektiwiteit sorg vir ’n heel nuwe vlak van presisie en produktiwiteit, en maak van dié trekkers ’n pasaangeër in die bedryf.

Ofskoon die toekoms dalk struikelblokke inhou, is dit nou die regte tyd vir Case IH om sy visier in te stel op goeie uitkomste in die jaar wat voorlê.

“Dis ’n goeie tyd om ons geloof te vernuwe en om ons Verlosser se bemoedigende beloftes te onthou. Ons boere is bekend om hul geloof – kom ons hou dit so!

“Kersfees is ’n tyd om liefde te gee en te ontvang, gesinsoomblikke te ervaar en die klein en waardevolle besonderhede van die lewe te geniet. Dis immers die vreugde van samesyn en die opgewondenheid van kinders wat als die moeite werd maak.

“Onthou, met Kersfees word die geboorte van Christus gevier, en met die nuwe jaar die geboorte van ’n nuwe hoop.”

CNH Industrial/Case IH wens almal in die landbousektor ’n baie geseënde Kersfees toe.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.62
-1.0%
Rand - Pond
20.92
-1.0%
Rand - Euro
17.41
-0.9%
Rand - Aus dollar
10.91
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-1.1%
Goud
1,788.76
-0.5%
Silwer
22.39
-1.7%
Palladium
2,377.45
+0.1%
Platinum
1,011.39
-1.5%
Brent-ruolie
89.34
-0.7%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot